Erindi-sage duur voort
Die regering en Erindi se eienaars onderhandel steeds oor ‘n skikkingsooreenkoms.
Elvira Hattingh
'n Skikkingsooreenkoms is nog nie bereik in die saak tussen die eienaars van Erindi Private Wildreservaat en die ministerie van grondhervorming nie.
Dit volg nadat die betrokke partye gister die hof versoek het om hul uitstel tot 18 April te gee, sodat hulle meer tyd kan hê om hul skikkingsonderhandelinge af te handel.
Erindi se regsverteenwoordigers, mnr. Sisa Namandje en adv.Raymond Heathcote, het vroeg gisteroggend in die hoërhof in Windhoek gesê die betrokke partye het op 'n datum besluit wanneer hulle hoop om die skikkingsooreenkoms te finaliseer, voordat dit aan die hof voorgelê sal word.
Die hofstryd oor die hangende kooptransaksie van dié reusewildplaas van 65 000 hektaar sleep al sedert 2016 voort. Hoërhofregter Thomas Masuku het die saak ook in November verlede jaar op versoek van die betrokke partye tot gister vir skikkingsonderhandelinge uitgestel.
Intussen het die Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR) sekere eise aan die regering gestel, wat hulle wil hê deel van die skikkingsooreenkoms moet vorm.
Die AR se leier, mnr. Job Amupanda, het op Onafhanklikheidsdag in 'n brief onder meer geëis dat die kopers of verkopers in die Erindi-transaksie 'n plaas binne 'n radius van 50 km van Windhoek moet koop om 'n “jeugvoorstad” te skep, met die kapasiteit vir 2 500 huise.
Verder is geëis N$10 miljoen moet beskikbaar gestel word om 300 erwe by Goreangab te diens en die leë wooneenhede in Otjomuise se munisipale dienste moet aangesluit word.
Ook moet vyf plase vir 'n jeuggroep gekoop word én hulle moet van aanvangskapitaal van N$2 miljoen voorsien word.
Erindi se regsverteenwoordiger, Namandje, het aangedui sulke eise sal slegs oorweeg word as die regering - die ander party in die hofgeding - dit versoek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie