Erger storms te wagte weens klimaat wat verander
Erger storms te wagte weens klimaat wat verander

Erger storms te wagte weens klimaat wat verander

Siklone en ander rampspoedige storms gaan weens klimaatsverandering al hoe erger word, sê kenners.

Sikloon Idai, wat honderde mense in Mosambiek, Zimbabwe en dele van Malawi se dood veroorsaak het en honderde duisende dakloos gelaat het, kan die grootste weerramp word wat die suidelike halfrond nog getref het.

Só het Clare Nullis van die Verenigde Nasies (VN) se weeragent­skap Dinsdag aan die BBC gesê.

Volgens die VN is meer as 2 miljoen mense reeds deur die ramp geraak

The Guardian berig die vloedgolwe was op plekke tot ses meter hoog.

Dr. Friederike Otto van die Oxford-universiteit se omgewingsveranderinginstituut het aan The Guardian gesê: “Daar is drie faktore in sulke storms: reënval, stormdeinings en wind. Dit reën harder weens klimaatsveranderinge en stormdeinings is hoër omdat die seevlak styg.”

Otto sê gemeenskappe wat die ergste geraak is, moet gehelp word om beter op storms voorbereid te wees.

Amnestie Internasionaal sê op sy webwerf die gevolge van klimaatsverandering sal al meer gesien word.

“Die verwoesting wat Idai gebring het, is nog 'n wekroep vir die wêreld om planne teen klimaatsverandering te implementeer,” sê Muleya Mwananyanda, adjunk-streekdirekteur vir Suider-Afrika.

Die VN het ook sy kommer uitgespreek.

“Idai is 'n duidelike bewys hoe blootgestel en kwesbaar laagliggende stede en dorpe is vir stygende seevlakke en versteurde weerpatrone wat deur klimaatsveranderinge veroorsaak word,” sê Mami Mizutori, spesiale VN-verteenwoordigter vir ramprisikobeperking.

Die wêreldwye meteorologiese organisasie sê daar was winde van tot 150 km/h in die sikloon.

Dié organisasie sê op sy webwerf die sikloon sal waarskynlik daartoe lei dat skole gesluit word, ­gesondheidsdienste nie beskikbaar is nie en dat daar skade aan oeste en die waterinfrastruktuur is. Daar is gevaar dat siektes kan uitbreek weens verwoeste rioolaanlegte. Huise en besittings is ook verwoes. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!