Erasmus in topgeselskap geplaas

Die Namibiese kaptein se onvergelyklike veggees by die T20 Wêreldbeker laas Oktober is nie misgekyk nie.
Andrew Poolman
Andrew Poolman – Die Namibiese Eagles-kaptein Gerhard Erasmus is een van vyf benoemdes vir die gesaghebbende krieketwebblad ESPN Cricinfo se toekenning vir 2021 Kaptein van die Jaar.

Onder Erasmus se leierskap het Namibië nege van die 14 internasionale T20-wedstryde gewen waarin hulle gespeel het, met die hoogtepunt hul kwalifisering vir die Supertwaalffase in hul debuutverskyning by die T20 Wêreldbeker in die Emirate.

Die ringvinger aan Erasmus se regterhand is gebreek terwyl hy tydens die span se laaste opwarmwedstryd voor die toernooi as bouler ’n ingooi wou bemeester. Hoewel Namibië slae gekry het in sy openingswedstryd teen Sri Lanka, het die span daarna bewondering afgedwing met opeenvolgende seges teen Nederland, Ierland en Skotland.

Erasmus het ondanks mediese advies besluit om voort te speel; hy het die gevoel in sy vinger laat doodspuit en geen wedstryd misgeloop nie. Onder dié omstandighede was sy kapteinsbeurt van 53 nie uit nie teen Ierland (49 balle, drie viere, een ses) onontbeerlik tot die span se opspraakwekkende vertonings by die Wêreldbeker.

Hoewel sy spanmaat David Wiese (2/22 en 28 nie uit nie van 14 balle) teen Ierland as speler van die wedstryd aangewys is, het Wiese agterna in die TV-onderhoud onmiddellik gesê die kaptein se beurt was volgens hom meer verdienstelik vir die toekenning.

“Hy is die hart en die ruggraat van die span; hy het my baie beïndruk. Hy is net 26, maar sy volwassenheid as ’n leier is fenomenaal. Sy spanmaats kyk op na hom en hy lei deur sy voorbeeld in alles wat hy doen. En dan het ons nog nie genoem dat hy ’n fantastiese speler is nie, waarskynlik die beste kolwer in die ICC-assosiaatlande.”

Selfs in die later verloorwedstryde teen Afghanistan, Pakistan, Nieu-Seeland en Indië het die Namibiërs deurgaans kompeterend gebly en bewys dat hulle waardige kwalifiseerders vir die Super 12 was.

Met sy gebreekte vinger en al het Erasmus teen Nieu-Seeland vier boulbeurte van sy regterarm wegbreekballe afgestuur en het die Kiwi’s se kaptein Kane Williamson (28 van 25 balle) skoongeboul om met 1/22 af te sluit.

Ondanks die Eagles se status as ’n ICC-assosiaatland het die span boonop regstreeks tot die volgende T20 Wêreldbeker komende Oktober in Australië deurgedring. Die kaptein het ná sy terugkeer in Windhoek dadelik vir ’n operasie aangemeld om sy gebreekte vinger te laat herstel.

• ESPN Cricinfo se ander kandidate vir Kaptein van die Jaar 2021:

Kane Williamson (Nieu-Seeland): Toetse: P4 W2 D2 / T20I’s: P12 W8 L4. Die Kiwi’s wen in Junie die Wêreldtoetskampioenskap en dring vir die eerste keer deur tot die T20 WB-eindstryd. Ondanks las van ’n beseerde elmboog slaan Williamson 85 van 48 balle in laasgenoemde finaal.

Aaron Finch (Australië): T20I’s: P17 W9 L8. Australië wen teen vele verwagtinge die T20 Wêreldbekertitel vir die eerste keer in 2021.

Virat Kohli (Indië): Toetse: P11 W7 L3 D1 / ODI’s: P3 W2 L1 / T20I’s: P10 W6 L4. Kohli is die enigste kaptein wat in elk van die ses jare van die toekenning se bestaan genomineer is. Indië het die jaar afgesluit as die topgekeurde span in toetskrieket.

Babar Azam (Pakistan): Toetse: P8 W7 L1 / ODI’s: P6 W2 L4 / T20I’s: P29 W20 L6 NR3. Babar het met die kolf van die voorpunt gelei (1760 lopies in 45 internasionale kolfbeurte teen ’n gemiddeld van 40.93) in die 43 wedstryde in alle formate waarin hy Pakistan verlede jaar aangevoer het. By die T20 WB het Pakistan onoorwonne deur die Super 12 geseil, totdat Australië hom in die semifinaal uitgeskakel het.

– Bygewerk van Cricinfo

FOTO’s
Gerhard Erasmus in die kringetjie van Eagles-spelers tydens die T20 Wêreldbeker.
Gerhard Erasmus as veldwerker in die T20-Wêreldbekerwedstryd teen Afganistan in Abu Dhabi. Foto Getty Images
Gerhard Erasmus en Indië se kaptein Virat Kohli skud versigtig blad ná hul spanne se laaste T20 Wêreldbekerwedstryd in Dubai. Foto Natalia Nauyoma

Kommentaar

Republikein 2024-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.75 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.14 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.2 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.14 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 379.05/OZ UP +0.47% | Copper US$ 4.41/lb UP +2.18% | Zinc US$ 2 831.90/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 87.23/BBP DOWN -0.0054 | Platinum US$ 936.69/OZ DOWN -0.0035 Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.75 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.14 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.2 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.14 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 379.05/OZ UP +0.47% | Copper US$ 4.41/lb UP +2.18% | Zinc US$ 2 831.90/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 87.23/BBP DOWN -0.0054 | Platinum US$ 936.69/OZ DOWN -0.0035