Eradius se lewe rosiger deur sy sweisbril
'n Sweiser van Havana kan na sy gesin omsien en boonop werk aan ander verskaf.
Lisa Slippers - Mnr. Shimweefeleni Eradius is 'n sweiser in Havana, een van Windhoek se informele nedersettings.
Hy het aan die begin van die jaar besluit om sy droom te bewaarheid en het ná 10 jaar by die maatskappy Brezêr's Trailers and Body Craft CC bedank om sy eie besigheid te begin.
Eradius het in dié 10 jaar waardevolle vaardighede aangeleer.
Hy verkoop tans ysterprodukte soos bedrame, banke, braairoosters, kluise, sekuriteitshekke en assegaaie. Hierdeur wil hy genoeg geld maak om sy besigheid uit te brei.
“My droom is om sleepwaens te bou, omdat die maak van bedrame en banke vir my té maklik en eenvoudig is,” sê hy.
Eradius wil ook uitbrei na die Kunenestreek waar daar tans nie baie vervaardigers van sleepwaens is nie, en waar hy glo hy goeie geld kan verdien.
Hier sal hy dit selfs oorweeg om bokke en skape as betaling vir sy handewerk te aanvaar.
Sy produkte word tans teen billike pryse in Havana en Okahandja Park verkoop, asook by twee verskillende plekke in Goreangab.
Die eienaars van dié persele verkoop gewoonlik Eradius se produkte vir hom. Hulle is ook gedurig in kontak met hom waar hy daagliks met sweiswerk besig is by sy tak in Havana.
Die eienaars word dan betaal vir die stoor en verkoop van Eradius se produkte.
Bedrame word volgens kliënte se spesifikasies gebou en word deur Eradius se werknemer en leerlingsweiser, mnr. Lazarus Robert, geverf. “Die pryse van die produkte bly min of meer dieselfde, maar kan aangepas word afhangende van watter tyd van die maand dit is en hoeveel die kliënt in kontant kan betaal,” het Eradius gesê.
Produkte kan ook op skuld gekoop word, solank Eradius en Robert kan sien waar die kliënt bly en hul ID-nommer het.
In die verlede het sommige kliënte hul aankope nie ten volle betaal nie en hiervoor is Eradius op sy hoede.
“Ons het nog geen kliënt gehad wat na ons toe teruggekom het met klagtes van swak werk nie. Almal is baie gelukkig met Eradius se werk,” het Robert gesê.
“Ek is trots op my werk en dit is vir my belangrik om goeie werk te lewer,” sê Eradius.
Nie net is hy 'n doelgerigte entrepreneur nie, maar ook 'n uitvinder.
Die assegaaie wat hy maak, is van yster om dit sterker te maak as tradisionele houtassegaaie. Dit kan ook uitmekaar gehaal word, wat die vervoer en berging hiervan vergemaklik.
Met sy besigheid kan Eradius na sy vrou en vyf kinders omsien. Hy het ook al vir homself 'n kar gekoop. Beide Eradius en Robert ondersteun soms hul ouers met die geld wat hulle verdien.
Robert het vier kinders en kan ook na sy gesin omsien.
Kontak Eradius by 081 461 4086 of Robert by 081 610 6736.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie