Epic in droë Wes-Kaap nie vir sissies
Bergfietsry
Annchen Nel - Die deelnemers aan die Cape Epic-bergfietstoer maak hard kennis met die werklikheid van die Wes-Kaapse droogte. Dit is net stof en sand waar jy kyk.
Die eerste twee dae is in die Robertson-vallei beslis. Die deelnemers sou gister se langste skof oor 122 km tussen Arabella, buite Robertson, en Worcester ry.
Téresa Coetzee, wat vir Media24 deelneem, sê jy asem die hele tyd fyn stof in sover jy ry.
“Ons het agtergekom presies hoe verskriklik droog dit hier is.”
Fotograwe wat Dinsdag met ’n helikopter oor die roete gevlieg het, sê egter die Breederivier is nie só erg vlak nie. Daar is heelparty stroompies, het hulle laat weet.
Die voorste elite-ryers voltooi ’n skof in ’n bietjie meer as vier uur, maar vir die res is dit sewe of meer uur in die saal.
Coetzee sê Dinsdag was ’n snikhete dag.
“Jy moes die hele tyd werk. Dit is op en af, op en af.”
Coetzee se spanmaat is Bonny Swanepoel.
Die voormalige Springbok-losskakel Joel Stransky en die voormalige Suid-Afrikaanse padfietsryer Andrew McLean (Cycle Lab KTM) is algeheel derde in die afdeling vir grootmeesters.
Douglas Ryder, spanbestuurder van Dimension Data, en Jan Scannell (Jan Braai) is in die algehele 102de plek. Nog ’n oud-Bok, Butch James, en Shane Chorley (Land Rover) is 162ste.
Namibië se pa-en-seun kombinasie Gerhard Mans senior en junior was ná die tweede skof 163ste in die manskategorie. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie