EPA stil-stil in werking
EPA stil-stil in werking

EPA stil-stil in werking

Die ekonomiese vennootskap-ooreenkoms tussen die EU en die SADC-groep is sedert 10 Oktober in werking. Die regering het nog weinig gedoen om Namibiese in- en uitvoerders daaroor in te lig.
Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn - Toe die lankverwagte ekonomiese vennootskap-ooreenkoms (EPA) tussen die Europese Unie (EU) en die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) ná jare se onderhandelinge op 10 Oktober in werking getree het, het geen haan gekraai nie.

Namibië, Botswana, Swaziland, Lesotho, Suid-Afrika en Mosambiek en 28 lidlande het hierdie ooreenkoms gesluit.

Dié handelsooreenkoms bring tariefvrye toegang vir Namibiese produkte in die Europese mark en vir Europese produkte in die SADC-groep mee. Volgens die hoof van samewerking van die Europese Unie se sending na Namibië, mnr. Markus Theobald, moes dit deur die Namibiese regering onder die aandag van Namibiese operateurs en logistieke maatskappye gebring gewees het. Hierbenewens moet doeane- en aksynsbeamptes opgelei word oor die tariefvrye regime wat nou van krag is.

Die ministerie van finansies moes reeds ‘n tariefboek opgestel het, waarin uiteengesit word watter produkte volgens EPA vrygestel is van tariewe, en watter nie. Hierdie nuwe tariefboek is uiters belangrik vir uitvoerders.

“’n Wetlike verandering het in die handelsregime tussen die EU en die SADC-groep plaasgevind en die ou regulasies op marktoegang is nie meer van krag nie, slegs die SADC-EU EPA.

“Al hierdie inligting moet deur die Namibiese owerheid bekend gemaak en onder in- en uitvoerders se aandag gebring word,” het Hybaskova gesê.

Boonop is die EPA-ooreenkoms, ondanks die feit dat dit deur die parlement bekragtig is, nog nie in die Staatskoerant gepubliseer nie, wat meebring dat dit nog nie deel van Namibië se wetgewing is nie.

Volgens die EU-ambassadeur in Namibië, me. Jana Hybaskova, is die EPA op 14 September deur die Europese parlement bekragtig, maar nog nie deur die parlemente van die 28 Europese lidlande nie. Gevolglik word die ooreenkoms “voorwaardelik” geïmplementeer. Geen probleme word egter voorsien met die wyer bekragtiging nie en dit kan selfs jare duur voordat elke lidland dit gedoen het.

Theobald het op sy beurt gesê Namibië het “geweldige voordele” bygekry, omdat Namibië as hoër middelinkomste land tegnies nie vir die voordele sou kwalifiseer nie.

Namibië is nou een van die lande van waar alle produkte tariefvry na die EU uitgevoer kan word. Tydens die onderhandelinge het die EU egter ingestem dat net 86 persent van sy goedere tariefvry uitgevoer sal word.

Hy het daarop gewys dat die EU ‘n negatiewe handelsbalans met Namibië het, met ander woorde, Namibië voer meer na Europa uit as wat dit invoer.

Hy sê dit is ook belangrik dat ‘n stelsel ingestel word omdat een kwota vir invoere uit Europa na die SADC-groep bestaan. Doeanekantore in die verskillende invoerlande behoort onderling verbind te wees sodat seker gemaak kan word dat die kwota nie oorskry word nie.

Van die items wat uitgesluit is van invoertariewe-kwytskelding en in Aanhangsel 5 van die EPA-ooreenkoms vervat, sluit in: Hoendervleis, melk en room, heuning, ertjies, spinasie, mielies, olywe, agurkies, sekere soorte sampioene, meel, graankos, sjokolade, ongekookte pasta, seep, vrugtekonfyt, bier, kerse, toiletpapier, sneesdoekies en sambrele.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!