EOH val 25% ná Microsoft ooreenkoms beëindig

14 February 2019 | Tegnologie
Nellie Brand-Jonker – Die beleërde tegnologiegroep EOH se aandeelprys het Dinsdag met 25% geval.

EOH het oor die middaguur aangekondig dat Microsoft hom in kennis gestel het van sy voorneme om ’n ooreenkoms met sy filiaal EOH Mthombo binne 30 dae te beëindig.

EOH se aandeelprys het reeds skerp geval voordat hy Dinsdag sy verklaring uitgereik het nadat die eerste berig hieroor Maandag deur Techcentral geskryf is.

In die verklaring is gesê dat EOH nog nie ’n verduideliking ontvang het oor hoekom die ooreenkoms gestaak word nie.

Die gevolg sal wees dat EOH Mthombo nie meer ’n regstreekse herverkoper van Microsoft-lisensies gaan wees nie en die impak op sy wins sal R10 miljoen in die huidige boekjaar wees.

Stephen van Coller, die nuwe uitvoerende hoof van die EOH-groep, beoog om dringend met Microsoft te skakel om uit te vind wat die probleem is.

EOH se aandeelprys het Maandag van R26,71 tot R19,80 geval.

Die aankondiging kom nadat EOH einde Januarie herhaaldelik vure moes doodslaan oor die uitslag van ’n ondersoek by Eskom oor die kontrakte met die maatskappy.

Eskom het op 28 Januarie ’n verklaring op Sens aan beleggers uitgereik wat ’n lys onreëlmatighede openbaar wat in sy finansiële state vir die ses maande tot einde September gerapporteer word.

Daarin is onder meer na bewerings oor wangedrag deur voormalige senior amptenare met EOH verwys.

EOH se aandeelprys het die Maandag met 2% en die dag daarna met bykans 15% geval.

EOH het daarna op Woensdag 30 Januarie ’n verklaring uitgereik waarin verwys word na Eskom se aankondiging en gesê die twee bewerings waarna verwys word, is sake wat ten volle ondersoek is en reeds verlede jaar afgehandel is en dat die maatskappy nie in enige daarvan skuldig bevind is nie.

Daarna het Eskom op Donderdag 31 Januarie ’n verklaring uitgereik om te verduidelik dat dié ongerymdhede vir die tydperk tot einde September 2018 aangemeld is omdat hy ingevolge die JSE se noteringsvereistes vir skuldbriewe daartoe verplig is. Eskom het gesê ná einde September is ’n saak oor EOH afgehandel en die bevinding is dat hy kan voortgaan om dienste vir die kragmaatskappy te verskaf.

EOH het ’n dag daarna ook ’n verklaring uitgereik wat beleggers verwys na Eskom se verklaring waarin gemeld word dat hy aan enige wangedrag onskuldig bevind is.

EOH verhandel ver onder sy jaarhoogtepunt van R75,30. – Netwerk24

Soortgelyk

 

Net twee aspirantdokters slaag

18 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die mediese en tandheelkundige raad sê die onus rus op studente om te bewys hulle is daarop geregtig om by die raad...

Neckartaldam kry water

18 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Terwyl die Nautedam, wat verlede week 61,7% vol was, soveel water bygekry het dat die sluise oopgetrek moes word, het die nuutgeboude...

Hage open parlement

18 ure gelede | Regering

Augetto Graig - Die jaar 2019 sal die Namibiese regering definieer.So sê president Hage Geingob, wat gister amptelik die parlement geopen het.Volgens hom is dit...

Weer, Donderdag 14 Februarie 2019

18 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en baie warm in die noordweste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees, met donderbuie plek-plek in Omaheke, Khomas,...

Eerste voëlgriep-uitbreking bevestig

18 ure gelede | Omgewing

Tanja Bause - Die direktoraat veeartsenydienste (DVS) in die ministerie van landbou, water en bosbou het gister ’n verklaring uitgereik wat die eerste uitbreking van...

Vrou probeer eie lewe neem voor skulderkenning

18 ure gelede | Plaaslik

Ronelle Rademeyer - Die 49-jarige boekhouer van Windhoek wat gister skuld sou beken op klagtes wat verband hou met beweerde bedrog van sowat N$17 miljoen,...

Heckmair: Saak val weer vas

18 ure gelede | Howe

Marc Springer - Een van die beskuldigdes in die moord op mnr. André Heckmair het Dinsdag opnuut sy prokureur in die pad gesteek en die...

KORT NUUS

18 ure gelede | Politiek

Oud en jonk gesoek as verkiesingsbeamptesWindhoek Senior burgers is volgens die Verkiesingskommissie (ECN) welkom om aansoek te doen vir die sowat 15 000 vakatures wat...

Verken die wildernis by Desert Rhino Camp

18 ure gelede | Toerisme

Wilderness Safaris se Desert Rhino Camp is in die rotsagtige heuwels van die Palmwag-konsessie geleë, wat 450 000 ha groot is.Hierdie streek word deur sy...