Enjins brul teen kanker

Tanja Bause
Altesaam 58 handelsmerke het onlangs kragte in die stryd teen kanker saamgesnoer.

Dít tydens ’n aksiebelaaide dag wat deur Land Rover Owners Namibia (LRON) aangebied is.

Die algehele wenner vir die dag was Land Rover, gevolg deur Jeep, met Suzuki in die derde plek.

Vier verskillende skattejagroetes was deel van die 4x4-uitdagings waartydens deelnemers se bestuurvernuf getoets is.

Verskeie speletjies het ten doel gehad om nie net bestuurvaardighede te toets nie, maar ook hoe goed die verskeie bestuurders met hul passasiers kan kommunikeer.

Tydens die prysuitdeling is ’n minuut van stilte ter nagedagtenis aan Anja Lingner gehou, wat onlangs die stryd teen kanker verloor het.

Sy was die bekende motorsportpersoonlikheid mnr. Harald Lingner se vrou, en twee jaar lank voorsitter van die Tara Rally.

Candice Visser, wat as tiener ook aan kanker oorlede is, se ouers het ter ere van hul dogter aan die kompetisie deelgeneem.

Die geld wat ingesamel is, is ten bate van Windhoek se Onkologiesentrum.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!