Enjin wat weier oorsaak van heli-ongeluk
Enjin wat weier oorsaak van heli-ongeluk

Enjin wat weier oorsaak van heli-ongeluk

Die vlieënier beskik oor ’n geldige kommersiële vlieglisensie en mediese sertifikaat.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg – Die helikopterongeluk ses maande gelede wat die vlieënier mnr. Dirk du Preez (30) oorleef het, was weens enjinweiering tydens die vlug.

Dít is die bevinding van die ondersoekbeampte kapt. Oskar Plichta van die direktoraat van vliegtuigongelukondersoeke in die ministerie van werke en vervoer in sy finale ongeluksverslag.

Die ongeluk het omstreeks 08:30 op 8 September 2020 by die B2Gold-myn, 30 km suid van Otavi, plaasgevind toe Du Preez met ’n Schweizer 269-helikopter met registrasiemerk V5-HIK aan 'n wildvangoperasie deelgeneem het.

“Die vlieënier het by die opstal van Plaas Farmquelle van die myn opgestyg om brandstof by die boma te hervul voor die wildvangoperasie begin,” lui die verslag

Du Preez was alleen aan boord toe die helikopter met aankoms by die boma enjinprobleme ondervind het. “Hy het 'n outorotasie noodlandingsmaneuver uitgevoer, maar weens die onvoldoende hoogte op 300 voet het die helikopter neergestort en vooroor getuimel," lui die verslag.

Du Preez, wat 'n totaal van 1 158 vliegure het en 875 ure met dié helikopter gevlieg het, is lig beseer en is deur die wildvangspan uit die wrak gehaal.

“Dit is ongelooflik dat hy net met ’n halfverstuite enkel weggestap het as na die toestand van die helikopterwrak gekyk word,” het Plichta ná die ongeluk aan Republikein gesê.

Die vlieënier het ’n geldige kommersiële helikopterlisensie en mediese sertifikaat, asook voldoende opleiding in wildvangoperasies.

Die helikopter behoort aan Namibia Helicopter Services wat gesertifiseer is vir wildvangoperasies. Volgens die verslag het die helikopter 50 liter brandstof aan boord gehad toe dit neergestort het. Die onderhoudsrekords dui aan dat die helikopter gediens was en daar nie enige onlangse probleme voor die ongeluk was nie.

ONDERSOEK OP ENJIN

Verskeie toetse is tydens die ondersoek op die enjin uitgevoer.

"Die los montering aan die brandstofafsluitklep kon veroorsaak het dat lug die brandstofleiding binnedring en lugborrels in die brandstofpomp veroorsaak het wat op sy beurt kon lei tot 'n verdunde brandstofmengsel," lui die verslag.

Du Preez se pa, mnr. Jan du Preez, bekende vlieënier, wildvangspesialis en -handelaar, is die eienaar van Du Preez Wild buite Otjiwarongo en was ook ten tyde van die ongeluk by die B2Gold-myn vir die wildvangoperasie.

Die geluksengel was opnuut aan Du Preez se kant, want dit was sy tweede helikopterongeluk wat hy oorleef het.

“Ek was vyf jaar oud toe ek en my ouer broer, Jannie, in 1996 saam met my pa in ‘n helikopterongeluk was. Ons was gelukkig dat ons almal die ongeluk oorleef het,” het Du Preez aan Republikein gesê.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!