Engelbrecht kies reg in VSA Ope
Gholf
Die Windhoek Gholf- en Buiteklub (WGCC) het laas naweek sy jaarlikse Amerikaanse Ope Pick a Pro Challenge aangebied.
Dit is nie algemene gebruik vir die klub om ’n geborgde kompetisie op dieselfde naweek as een van die Namibiese Amateur Gholfunie (Nagu) se amptelike toernooie aan te bied nie – hoewel die Amerikaanse Ope wel op dieselfde naweek as ’n Nagu-toernooi was.
Die interessante en onvoorspelbare formaat van die Pick a Pro Challenge is dat elke deelnemer vooraf die kans kry om een speler by die 2018 Amerikaanse Ope as sy “spanmaat” te kies. Die professionele speler se Vrydag-telling (aangepas vir beterbal stableford) word dan by die Windhoek-speler se Saterdag-telling getel.
Die uitdaging om te kies tussen jou gunsteling beroepspeler of die een wat die beste op stryk is, lê die grondslag vir ’n naweek propvol pret en onverwagse kinkels.
Moritz von Prittwitz, ’n lewenslange lid van die WGCC, het onlangs die gholfklub se Proshop oorgeneem en besluit om dié toernooi te borg. Moritz en sy span het nuwe lewe in die Proshop geblaas met ’n verskeidenheid produkte teen markverwante pryse.
Hoewel die Swakopmund Ope dieselfde naweek by die Rössmund-klub gespeel is, het ’n goeie getal van 44 spelers ingeskryf.
Die uitslae was soos volg:
1 Schalk Engelbrecht en Dustin Johnson van Amerika (46)
2 Danie van Schoor en Dustin Johnson (45, uittel)
3 Melt van Schoor en Branden Grace van Suid-Afrika (45)
4 John Horne en Ian Poulter van Engeland (45)
Wenners van die pryse vir die houe wat die naaste aan die pen geëindig het, is aan Christie de Wet (putjie 9) en Schalk Engelbrecht (putjie 17) oorhandig.
Sakkie Matheus en Robert von Prittzwitz het met die twee gelukspryse weggestap, terwyl Mike Beavis die meeste gholf vir die dag gespeel het en ook met die “waterputjie”-prys vir die dag beloon is.
Nog vier gelukspryse is deur Truck & Cab (Paul Adkins) geborg.
• Komende naweek sal daar geen amptelike kompetisie by die klub wees nie, vanweë die Windhoek Lager Afrika-kampioenskap wat vanaf Donderdag tot Saterdag by die Buiteklub se baan gespeel word.
Vier-en-veertig spelers van elf lande sal sake in die A-, B-, C-afdeling en vrouekompetisie die stryd aansê in die gesogte reeks se hoogtepunt wat ook op SuperSport blootstelling gaan kry.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie