Enchiladas oor die kole
Hierdie wraps wat in sous gebak word, is ’n vullende maal en kan maklik met ’n ingepakte fles salsa en oorskietbraaivleis aanmekaargeslaan word.
Jy benodig
• 2 eetlepels olyfolie
• 300 g steak, in repies gesny
• 1 ui, gekap
• 2 knoffelhuisies, gekap
• 1 teelepel paprika
• 1 teelepel komyn
• 1 blikkie (410 g) swartbone
• 2 eetlepels worcestersous
• tortilla-wraps
• 1 blikkie (410 g) tamatiesalsa
• 250 ml suurroom
• 1 koppie gerasperde wit cheddar
• gepiekelde jalapeñoskyfies
• sout en swartpeper na smaak
Só maak jy
1. Verhit die olie in ’n pan en braai die steakrepies vinnig daarin. Skep al die vleis uit, maar behou die pansappe.
2. Voeg die ui, knoffel, paprika, komyn en swartbone by die pan en braai dit tot sag. Skep dit uit, roer dit deur die vleis en geur dit met sout, peper en worcestersous.
3. Gebruik sowat 4 wraps en vul elkeen met ’n skeppie tamatie-salsa, suurroom, ’n bietjie kaas en van die steakvulsel.
4. Rol die wraps op en pak hulle styf teen mekaar in ’n pan of blikbord wat vuurbestand is (’n platboomswartpot sal ook deug). Skep ’n paar eetlepels elk van die tamatiesalsa en suurroom oor die gerolde wraps en sprinkel nog ’n bietjie kaas oor. Laat staan dit vir sowat 10 minute oor matige warm kole totdat die kaas begin smelt.
5. Sit die gebakte enchiladas voor met ’n vars tamatieslaai en die gepiekelde jalapeñoskyfies.
WENK
’n Pikante tamatiesalsa is perfek vir dié enchiladas. As jy ’n paar rand wil spaar, kan jy geblikte tamaties (Mexikaanse geur) gebruik. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie