Elon Musk vra (soort van) om verskoning
Elon Musk vra (soort van) om verskoning

Elon Musk vra (soort van) om verskoning

Tesla se markwaarde het Maandag met US$2 miljard geval.
Een van Tesla se grootste ondersteuners raai Elon Musk aan om te bedaar. Gene Munster, besturende direkteur by die waagkapitaalfirma Loup Ventures, het in ’n ope brief aan Musk, uitvoerende hoof van die elektriese-motorvervaardiger, gesê sy gedrag oor die afgelope ses maande is kommerwekkend en ondermyn beleggersvertroue.

“Jou gedrag vuur ’n ongunstige persepsie van jou leierskap aan, dat jy fyngevoelig en kort van draad is,” skryf Munster.

Hy verwys na Musk se uitbarsting teenoor ontleders toe Tesla se syfers vir die eerste kwartaal van sy boekjaar uitgereik is; sy voortslepende ongeduld met kortverkopers en die media; ’n e-poswisseling in Junie met ’n voormalige werknemer wat Musk ’n saboteur noem; en die twiets die afgelope week waarin hy ’n Britse grotduiker wat gehelp het om 12 Thaise seuns en hul afrigter te red, ’n “pedo” (pedofiel) genoem het.

Intussen het BBC Woensdagoggend berig Musk het om verskoning gevra, hoewel dit ’n flouerige verskoning blyk te wees.

“Sy optrede teen my het nie my optrede teenoor hom geregverdig nie, en ek vra om verskoning daarvoor,” het Musk gesê.

Tesla se markwaarde het Maandag met $2 miljard geval nadat Musk te velde getrek het teen Vern Unsworth, wat gesê het Musk se mini-duikboot sou nie in die grotredding kon werk nie. Die duikboot, waarin ’n kind kan pas, is deur Musk se ander firma, SpaceX, vervaardig.

Unsworth het dit in ’n CNN-onderhoud as ’n mediafoefie afgemaak en gesê Musk “kan sy duikboot indruk waar dit seermaak”. Dit het tot Musk se twiets, wat intussen uitgewis is, aanleiding gegee.

Unsworth oorweeg regstappe, maar dis moeilik vir ’n buitelander om ’n Amerikaner vir laster te dagvaar.

Munster, ’n ontleder van tegnologiefirmas, het daarom ook lof vir Musk gehad. Hy sê Musk is ’n “ongeëwenaarde” visioenêr en het ’n “kultuur gebou dat mens deur mure kan loop”.

Musk se twiets het te ver gegaan, skryf Munster. “Ek vermoed jy sou saamstem, gegewe dat jy die twiets uitgewis het, maar dit sal meer as dít verg om beleggersvertroue te herwin.”

Tesla se aandeelprys het wel Dinsdag van die verlore veld herwin.

Munster sê die Tesla Model 3-sedan het die potensiaal om die wêreld te verander, soos Apple se iPhone gedoen het.

“Die paadjie om beleggersvertroue te herwin, is goed uitgetrap. Dit begin met ’n verskoning. Dan moet jy jou boodskap fokus op die vordering wat jy maak om Tesla se missie te bereik,” skryf Munster.

Munster beveel ook aan dat Musk dalk “sabbatsverlof” van Twitter neem, en kortverkopers eenvoudig ignoreer.

“In my tyd as ontleder het ek waargeneem dat maatskappye wat aggressief met kortverkopers in gesprek tree, verloor. Die beste manier om hulle te klop, is nie met woorde nie, maar met aksies wat die aandeelprys laat styg.”

Nog ’n kenner, James Anderson van die batebestuursfirma Baillie Gifford & Co, het ’n beroep op Musk gedoen om op sy maatskappy se kerntake te fokus. – Netwerk24/Bloomberg/ BBC

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!