Elnatan-bulle na groener weivelde gelok

Rugby
Tielman van Lill
Tielman van Lill

Die 23-jarige oud Namibiese Cravenweek-kaptein, Adriaan Booysen, en Janry du Toit (23) sal voortaan hul rugbytalente in die buiteland op die proef stel.

Dié twee skoolmaats wat saam in 2014 by Privaatskool Elnatan by Stampriet gematrikuleer het, het beide ná die 2019 Rugbywêreldbeker in Tokio, Japan, internasionale geldkontrakte beklink.

Booysen, wat as agtsteman vir Elanatan en Namibië se Cravenweek-span gewoeker het, het ná skool sy regstudies in Bloemfontein afgeskop. Du Toit, wat saam met Booysen sy land by die Cravenweek in 2014 verteenwoordig het, het hom in 2015 by die Westelike Provinsie-rugbyinstituut aangesluit.

“Ja, ek is inderdaad op pad na my nuwe professionele klub in die VSA,” sê Booysen.

“Die klub is die Houston SaberCats en hulle speel in die Major League Rugby-kompetisie (MLR), wat die topklubliga in Texas, Noord-Amerika, is. Ek het die afgelope week ’n kontrak vir twee seisoene met hulle geteken.

“Ek het die opsie om ’n derde seisoen by hulle aan te bly. Ek wag tans vir my visum en sodra dit beskikbaar is, sal ek na die VSA vertrek om my pligte as agtsteman daar na te kom.

“Die SaberCats het ’n nuwe losvoorspeler (agtsteman) vir die komende seisoen gesoek. My agent het toe hiervan gehoor en hulle genader. Die SaberCats het natuurlik vir Phil Davies (Namibië se nasionale afrigter) vir verwysings genader.

“Phil het die nodige video-materiaal van my spel aan hulle verskaf. Nadat hulle na die beeldmateriaal asook die 2019 Wêreldbeker-wedstryde gekyk het, het hulle my gekontak. Hulle het my toe met ’n aanbod genader om by hulle aan te sluit en ek het die kontrak aanvaar,” het Booysen aan Republikein bevestig.

Booysen is in 2017 deur Phil Davies in die opbou na die kwalifiserende veldtog vir die 2019 Wêreldbeker betrek en het sy enigste toetsdrie gedurende sy debuut gedruk toe Namibië Senegal met 95-0 verniel het.

Hy was ook lid van die toerspan na die 2017 Wêreldrugby-nasiesbekertoernooie in Uruguay. Hy was vanjaar ook deel van die kompetisie in Uruguay.

Booysen was vanjaar in die Wêreldbeker-wedstryde teen die Springbokke en die All Blacks in aksie, wat sy getal toetse tot dusver op sewe te staan bring. Kenners was met sy vertonings verlede maand in die Rugby Afrika-seweskampioenskap beïndruk wat in Johannesburg, Suid-Afrika, aangebied is.

Hoewel Namibië (derde) nie die paal vir Olimpiese kwalifisering gehaal het nie, is hy ná die kompetisie as Namibië se speler van die toernooi gekies.

Du Toit

Behalwe dat die 23-jarige Du Toit Cravenweek-rugby gespeel het, het hy onder die afrigting van Jurie Booysen Namibië as sewesblits by die Hongkong-sewesrugbytoernooi verteenwoordig.

Booysen en Du Toit het die afgelope twee seisoene vir FNB Wanderers asook die Namibiese Welwitschias uitgedraf. Du Toit het sy toetsdebuut verlede jaar November in Krasnodar, Rusland, teen die Russiese Bere gemaak. ’n Week later het hy in sy tweede toets teen Spanje in Madrid gespeel.

Du Toit se enigste ander lopie op toetsvlak was met die 2019 Rugbywêreldbeker toe hy in die tweede helfte as plaasvervanger teen die All Blacks op die veld gestuur is.

Dié regtervleuel wat die Wit Hingste met onderskeiding gedien het, sal volgende jaar in Uruguay sy drieë druk. Hy sluit by die Peñarol-rugbyklub in 2020 aan, wat in die Súper Liga Americana-kompetisie in Montevideo, Suid-Amerika, meeding.

“Ons wens jou alle sterkte toe vir jou rugbyloopbaan, Janry. Gaan geniet elke oomblik en maak die beste daarvan,” het die Hingste op hul Facebook-blad geskryf.

Die kompetisie sal in Februarie 2020 afskop, waaraan ander lande soos Argentinië, Brasilië, Chili en Paraguay ook sal deelneem.

In Booysen en Du Toit se matriekjaar het ’n goue era vir Elnatan se eerstespan tot ’n einde gekom. In 2014 het Elnatan die eindstryd van die o.19-Momentum-superfinaal gehaal, maar ongelukkig teen Windhoek Gimnasium verloor.

Daardie jaar was Stiaan van der Merwe (losskakel), PW Steenkamp (losskakel/heelagter) asook Jandré van Wyk van die Elnatan-spelers wat Cravenweek-rugby gespeel het of vir Namibië o.19 gekies is.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.44 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.94 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.29 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 219.48/OZ UP +1.31% | Copper US$ 3.98/lb UP +0.01% | Zinc US$ 2 453.50/T DOWN -0.12% | Brent Crude Oil US$ 87.30/BBP UP +1.06% | Platinum US$ 906.04/OZ UP +1.25% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.44 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.94 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.29 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 219.48/OZ UP +1.31% | Copper US$ 3.98/lb UP +0.01% | Zinc US$ 2 453.50/T DOWN -0.12% | Brent Crude Oil US$ 87.30/BBP UP +1.06% | Platinum US$ 906.04/OZ UP +1.25%