Ellis in haar noppies met Banyana se vroeë peil
Sokker
Johann de Jager - Die feit dat hulle vroeg in die jaar reeds so goed vertoon, voorspel net goeie dinge vir die Wêreldbeker-toernooi in Junie in Frankryk, sê Desiree Ellis, afrigter van Banyana Banyana.
Nadat hulle Dinsdagaand in Kaapstad met 0-0 gelykop gespeel het teen Swede, 'n span wat die negende plek op die wêreldranglys beklee, het sy gesê hulle gaan Wêreldbeker-toernooi toe om met mening mee te ding.
Hul eerste wedstryd by die WB, teen Spanje (12de), kan die gang van hul toernooi verder bepaal. Suid-Afrika (48ste) se ander twee groepwedstryde daar is teen Duitsland (tweede) en China (15de).
Die Albertina Sisulu-uitdaagstryd teen Swede was hul tweede vriendskaplike wedstryd teen 'n top-10-land in vier dae in die Kaapstad-stadion, nadat hulle Saterdag daar met 1-2 teen Nederland verloor het.
Suid-Afrika moes teen Swede sonder sy beseerde kaptein Janine van Wyk klaarkom wat 'n liesbesering teen Nederland opgedoen het. Nog 'n verdediger, Karabo Dhlamini, kon weens 'n voetbesering nie oorweeg word nie.
Suid-Afrika het met vier veranderinge gespeel, wat Andile Dlamini as doelwagter in die plek van Kaylon Swart ingesluit het. Ellis wys daarop dat hulle heelwat beter begin het teen Swede as in die naweek se wedstryd.
Sy meen hulle kon net so wel gewen het teen dieselfde span teen wie hulle verlede jaar nog met 3-0 verloor het.
Ellis was nie net tevrede met hul vertoning nie, maar ook met hul fiksheid, wat baie beter as in verlede jaar se ooreenstemmende wedstryd was.
Sy het wel gemor oor 'n onkant-beslissing in die eerste helfte toe die haastige Thembi Kgatlana, met niemand voor haar behalwe die doelwagter nie, in besit gestel is.
“Ons was te haastig met ons laaste aangeë. Ons afronding kort nog aandag. Ons staan ook nog te maklik besit af,” het sy gesê van die aspekte waaraan geskaaf moet word.
Suid-Afrika se volgende uitstappie ter voorbereiding vir die Wêreldbeker-toernooi is die jaarlikse uitnodigingstoernooi om die Ciprus-beker, wat in Februarie en Maart beslis word. Banyana gaan dáár teen Finland, Noord-Korea en die Tsjeggiese Republiek speel.
Danny Jordaan, president van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging, sê Elllis sal in April op 'n spogbanket haar Wêreldbeker-uitverkorenes aankondig. Hulle sal daarna in 'n afskeidswedstryd speel voordat hulle na Frankryk vertrek. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie