‘Elisenheim-ontwikkelaar moet vir elektrisiteit sorg’

Foutiewe kabel vervang ná twee dae se gespook

11 January 2019 | Plaaslik
Elvira Hattingh - Die Windhoek-munisipaliteit het gister 'n beskadigde kragkabel met ‘n nuwe een vervang sodat die Elisenheim-landgoed en die NaTIS Vallei-sakegebied weer elektrisiteit kon hê nadat dit vir meer as 48 uur in die “donker” gehul was.

Na verwagting sou die elektrisiteitstoevoer teen die namiddag herstel word.

In ‘n kennisgewing wat laat gistermiddag deur die munisipaliteit se afdeling vir korporatiewe kommunikasie, bemarking en openbare deelname uitgereik is, word daar egter vinger na Elisenheim se ontwikkelaar gewys.

Die munisipaliteit sê inwoners van Elisenheim moet verstaan dat die landgoed se ontwikkelaars ‘n ooreenkoms met die munisipalteit onderteken het dat die huidige kragtoevoer net ‘n tydelike maatreël is.

Volgens die munisipaliteit is dit die verantwoordelikheid van die ontwikkelaar om dit op te gradeer tot ‘n volledige kragladingsentrum wat die groeiende lading sal kan hanteer.

“Dié punt is nou bereik en ons is reeds vir meer as ‘n jaar lank in gesprek met die ontwikkelaar om die ooreenkoms na te kom. Ons sal voortgaan met dié gesprekvoering om seker te maak dat die landgoed stabiele en genoegsame kragtoevoer sal hê,” lui die kennisgewing.

Elisenheim se ontwikkelaar het teen saktyd gistermiddag nog nie op Republikein se skriftelike vrae gereageer nie en die woordvoerder kon nie telefonies bereik word nie.

Die munisipaliteit het verduidelik dat hulle geen moeite ontsien het om die geraakte gebiede se kragtoevoer te herstel nie.

Volgens die kennisgewig het hul technici eers vir twee dae lank probeer om die ou XLPE-kabel te herstel, wat glo waterskade gely het. Ondanks hul beste probeerslae het die kabel egter aanhou probleme lewer.

Die munisipaliteit het verduidelik dat die kabel se isolering beskadig was en dit dus nie langer ‘n hoë lading kan dra nie.

“Ons span het Dinsdagnamiddag tot laat in die nag gewerk om die kragtoevoer te probeer herstel, maar kon net twee probleme opspoor en herstel. Toe die krag aangeskakel is, het verdere probleme opgeduik en kon daar nie met die kragtoevoer volgehou word nie,” lui die kennisgewing.

“Die span kon ook nie aanhou werk nie omdat dit te donker was om probleme op te spoor.”

Volgens die kennisgewing het die munisipaliteit tot Woensdag om middernag voortgegaan om die kabel te probeer herstel, maar weer eens het dit probleme gegee. Teen gister is besluit om die kabel met ‘n nuwe een te vervang.

Die munisipaliteit het verskoning gevra vir die besighede wat deur die kragonderbreking geraak is, asook die ongerief wat dit vir die gemeenskap en inwoners veroorsaak het.

Elisenheim-inwoners is aangeraai om kragopwekkers te huur en self voorsiening te maak tot tyd en wyl kragtoevoer herstel is.

Soortgelyk

 

SDFN houses at Kalkfeld nearing completion

9 ure gelede | Infrastruktuur

KALKFELD – The construction of 18 houses by the Shack Dwellers Federation of Namibia (SDFN) is nearing completion at the Kalkfeld settlement in the Otjozondjupa...

Manlike pasiënt 'twee keer' besny

9 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht Die ministerie van finansies het 'n forensiese ondersoek na die eispatrone van verskaffers van gesondheidsdienste van stapel gestuur om moontlike bedrog by die...

Só vaar die Verkrygingsraad

9 ure gelede | Ministeries

Augetto Graig Struikelblokke kan in geleenthede omskep word. Só sê me. Lischen Ramakhutla, die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië (CPBN) se administratiewe hoof.Sy en mnr. Patrick...

Weer vir 11 Maart 2019

9 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm in die Noorde, Noordooste, Ooste en sentrale hoogland met geïsoleerde donderbuie op plekke. Elders sal dit...

Ou beursbeleid finansier 'enige' student

9 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht - “As jy van die begin af nie gehad het wat nodig is nie, gaan jy dit ook nie aan die einde...

Stem nou vir jou gunstelingpaartjie!

9 ure gelede | Gebeure

D'Arlin en Leigh-Ann Benade is een van die top-30-paartjies in Republikein se Bruidspaar van die Jaar-kompetisie. Een gelukkige leser, wat aan ons SMS-kompetisie deelneem, kan...

Namibiër ’n top-uitvinder

9 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – ‘n Namibiër is een van 30 finaliste uit 2 400 inskrywings in die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se eerste uitdaging vir vernuwing op die...

Só is SME Bank geplunder

9 ure gelede | Howe

font face="Verdana" > Catherine Sasman - Die SME Bank-saak lees soos 'n stap-vir-stap gids vir 'n bankroof. Só het adv. Raymond Heathcote, wat namens die...

Aansporing, opvoeding en steun vir kleuters

9 ure gelede | Plaaslik

Tanja Bause - Vir die afgelope 14 jaar ondersteun die liefdadigheidsorganisasie Step out of Poverty through Encouragement, Education and Support (S.P.E.S.) al minderbevoorregte kinders...