Elisenheim-ontwikkelaar kap terug
Elisenheim-ontwikkelaar kap terug

Elisenheim-ontwikkelaar kap terug

Die ontwikkelaar van die Elisenheim-landgoed sê die munisipaliteit is aanspreeklik vir die instandhouding van kabels.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Elisenheim se ontwikkelaar het teruggekap na die munisipaliteit wat sê die landgoed se elektrisiteitsverskaffing en instandhouding van munisipale kragkabels is nie die Stad van Windhoek se verantwoordelikheid nie.

Mnr. Neville Basson, woordvoerder van die Elisenheim Property Development Company, wat deel van Trustco Group Holdings vorm, het Donderdag in ‘n persverklaring gesê hulle het die Elektrisiteitsbeheerraad (ECB) in kennis gestel van wat die Elisenheim-eienaarsverening as “bykans katastrofiese nalatigheid van munisipale amptenare” beskou.

Dit kom nadat die munisipaliteit verlede Donderdag ‘n beskadigde kragkabel moes vervang het wat die Elisenheim-landgoed en die NaTIS Vallei-sakegebied vir meer as 48 sonder elektrisiteit gelaat het.

Daar is besluit om ‘n nuwe kabel te installeer nadat twee dae se pogings om die beskadigde een te herstel, nie vrugte afgewerp het nie.

In persverklaring sê die ontwikkelaar die munisipaliteit, as die verspreider van elektrisiteit en die entiteit wat deur Elisenheim se inwoners betaal word vir die gebruik van elektrisiteit, asook die ontvanger van tariewe en eiendomsbelasting, is alleenlik verantwoordelik vir die onderhouding van hul kabels.

“Nie die ontwikkelaar óf die Elisenheim-eienaarsverening eis tariewe of belasting of enige ander vorm van vergoeding vir die instandhouding van kragkabels nie,” het Basson geskryf.

“Geen van dié partye het enige regte of verpligtinge om die gehalte van bestaande elektrisiteitskabels van die munisipaliteit te ondersoek nie.”

“Geen derde party, nóg die Elisenheim Eienaarsverening, nóg die ontwikkelaar kan toegelaat word om by die instandhoudingsproses betrokke te wees nie.”

Basson sê verder die kapasiteit van die kabel en die infrastruktuur is meer as genoeg wat lading betref.

“Dit is jammer dat die munisipaliteit van ‘n openbare platform gebruik gemaak het om die publiek te verwar wat betref die ontwikkelaar se verpligtinge, en die aandag af te lei van hul eie verantwoordelikheid vir die instandhouding en verskaffing van elektrisiteit aan Elisenheim se inwoners,” het Basson geskryf.

Die reaksie volg nadat die munisipaliteit se afdeling vir korporatiewe kommunikasie, bemarking en openbare deelname Donderdag ‘n openbare kennisgewing uitgereik het. Daarin is gesê die landgoed se ontwikkelaars het ‘n ooreenkoms met die munisipalteit onderteken dat die huidige kragtoevoer net ‘n tydelike maatreël is.

Die munisipaliteit beweer in die kennisgewing dit is dit was die ontwikkelaar se verantwoordelikheid om die kragtovoerstelsel op te gradeer tot ‘n volledige kragladingsentrum wat die groeiende lading sal kan hanteer.

Die munisipaliteit sê hy is reeds vir langer as ‘n jaar in gesprek met die ontwikkelaar om die ooreenkoms na te kom. “Ons sal voortgaan met dié gesprekvoering om seker te maak dat die landgoed stabiele en genoegsame kragtoevoer sal hê,” lui die kennisgewing.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!