Elf vas oor 'renosterstropery'
Altesaam elf verdagtes is verlede week in verband met renosterstropery of -horingsmokkelary vasgetrek.
Volgens die weeklikse wildmisdaadverslag van die Namibiese polisie en die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme is altesaam 16 vermeende wildmisdadigers vanaf 25 tot 31 Mei in hegtenis geneem.
Twee verdagtes is ook glo in besit van twee olifanttande op Rundu in hegtenis geneem.
By Kamanjab is twee Namibiese mans glo met twee kameelperdkarkasse sonder die nodige permitte vasgetrek.
Sewe nuwe sake is aanhangig gemaak.
Beslag is op ses renosterhorings, twee elk olifanttande, kameelperdkarkasse, voertuie en vuurwapens gelê, asook 17 patrone.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie