Elf kinders in tronke

Twee jongstes is 15 jaar oud

19 June 2020 | Misdaad
Denver Kisting



Te midde van die herdenking van die Dag van die Afrika-kind die afgelope week het dit aan die lig gekom dat elf jeugdige oortreders tans in korrektiewe instellings in Namibië is.

Tien van dié jeugdiges is seuns, terwyl een 'n meisie is.

Die kinders dien vonnisse uit vir oortredings van huisbraak met die doel om te steel en diefstal tot aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Kommissaris Meunajo Tjiroze van die Namibiese Korrektiewe Dienste (NCS), sê dié kinders is almal jonger as 18 jaar.

Vier van dié elftal is 16 jaar of jonger, sê sy. Twee van dié vier kinders is 16 jaar oud, terwyl twee 15 jaar oud is, sê sy. Een minderjarige is tans verhoorafwagtend in 'n Namibiese korrektiewe instelling, het sy by navraag gesê. Dié kind is ook 16 jaar oud.

Die langste vonnis wat tans deur 'n kind uitgedien word, is twee jaar.

Drie volwasse vroulike gevangenes is saam met hul minderjarige kinders in aanhouding, het sy gesê.

Sy sê voorts: “My persoonlike perspektief en iets waaroor ek toenemend passievol is, is alternatiewe tot tronkstraf vir oortreders met spesiale behoeftes, veral jeugoortreders en oortreders wat met geestesongesteldhede gediagnoseer is.”

Dié kopsere teister egter nie net vir Namibië nie, maar lande elders ook, sê sy. 

- [email protected]

Soortgelyk

 

Fishrot: Geen borg, eis ACC

1 uur gelede | Howe

Jemima Beukes Die Teenkorrupsie Kommissie (ACC) is vas oortuig betrokkenes by die Fishrot-skandaal het op ‘n uitgebreide wyse saamgespan om honderde miljoene dollar te steel.Sowat...

Air Nam se vlerke geknip

1 uur gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer - Die nasionale redery is met sy rug teen die muur en het nie beweegruimte om langer die kwessie oor sy bankrotskap en...

Weer vir 9 Julie 2020

1 uur gelede | Weer

WEERWAAK: Koue en nat toestande word Vrydag en Saterdag in die Suide en Weste verwag. Baie koue toestande word oor die suidelike, sentrale en oostelike...

Munisipale werkers betoog oor kontrakte

1 uur gelede | Regering

Kristien Kruger – Sowat 600 skoonmakers het gister tydens middagete na die Windhoek munisipale hoofkantore opgeruk om ‘n klagskrif aan die burgemeester, me. Fransina Kahungu,...

Itula se partyplanne op dreef

1 uur gelede | Regering

Denver Kisting – Die hoofkiesbeampte van die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN), mnr. Theo Mujoro, sê dié nasionale kiesliggaam het nog nie dr. Panduleni Itula se...

Pasgebore baba toets twee keer negatief

1 uur gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - 'n Pasgebore baba wat die naweek aanvanklik as Namibië se geval 362 van Covid-19 aangemeld is, het twee keer daarna negatief vir...

Bibbernaweek, reën voorspel

1 uur gelede | Weer

Elvira Hattingh – Die Namibiese weerkantoor het ‘n weerwaak uitgereik vir koue weer wat reeds van vandag af in die Weste verwag word.Terselfdertyd sal koue,...

Staat wil appelleer teen uitspraak oor arbeidsreëls

1 uur gelede | Regering

Ronelle RademeyerDie staat is voornemens om appèl aan te teken teen die volbank-uitspraak twee weke gelede waarin bevind is die Covid-19-arbeidsregulasies is ongrondwetlik en gevolglik...

Windhoek se vullis drom op

1 uur gelede | Regering

Denver KistingDae nadat die Windhoek-munisipaliteit (CoW) moes toegee hy is sy inkomste uit parkeermeters kwyt, het dié plaaslike owerheid erken hy het ook tans geen...