El Niu00f1o verswak verder
El Niu00f1o verswak verder

El Niño verswak verder

Hoewel dit voorkom of El Niño eindelik bes gaan gee, bly die Indiese Oseaan hardnekkig en belemmer vooruitsigte vir reënneerslae in veral Australië, maar dalk ook Suider-Afrika.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Hoewel die Australiese Buro vir Metereologie onlangs hul Enso-uitkykstatus na neutraal verander het, is Amerikaanse weerkenners versigtiger. Hulle volstaan vir eers met ‘n uitkykstatus van ‘n El Niño-aanbeveling.

Tog, sê die Amerikaanse Weervoorspellingsentrum en die internasionale Navorsingsinstituut vir Klimaat en Samelewing, verwag hulle ook dat toestande binne “’n maand of twee” na Enso-neutraal sal skuif.

Die neutrale toestande sal ook waarskynlik tydens die Suidelike Halfrond se lente en somer voortduur, het hulle Donderdag ná hul jongste El Niño- diagnostiese bespreking gesê.

Enso staan vir El Niño- Suidelike Ossilasieklimaatspatroon.

Die Amerikaanse weerkundiges het tot dié gevolgtrekking gekom nadat seeoppervlaktemperature in die sentrale en tropiese Stille Oseaan tydens die afgelope Junie steeds bogemiddeld warm was.

“Tog het afwykings in die temperature in die meeste dele van die oostelike Stille Oseaan getaan,” is in ‘n verslag geskryf.

Volgens die verslag was temperature in die boonste dele van die Stille Oseaan bogemiddeld warm aan die begin van Junie, maar teen die einde van die maand was dit op bykans gemiddelde vlakke.

“In die algemeen kan gesê word oseaniese en atmosferiese toestande stem met ‘n verswakkende El Niño ooreen,” het die weerkundiges gesê.

Die Amerikaners sal hul volgende diagnostiese vergadering op 8 Augustus hou en weer terugvoering gee of El Niño-toestande wel verder verswak het.

STEEDS BEKOMMERD OOR INDIESE OSEAAN

Intussen het die Australiese Buro vir Metereologie ook verlede week Dinsdag ‘n nuwe verslag uitgestuur en hou dit by sy neutrale uitkykstatus – wat beteken daar is tans nie vooruitsigte van beide El Niño- of La Niña-toestande nie.

Die Australiërs is egter bekommerd oor die Indiese Oseaan-dipool (IOD) wat steeds in ‘n positiewe fase is en vir swakker reënneerslae tydens dié land se winter- en lente kan sorg.

Santam se landbouweerkundige in Bloemfontein, mnr. Johan van den Berg, het onlangs ook aan Republikein gesê hy verwag dat El Niño-toestande binne die volgende paar maande gaan neutraliseer.

Hy het in Mei vanjaar verduidelik indien El Niño-toestande wel verswak, is dit meer belowende nuus vir Suider-Afrika se komende reënseisoen.

Van den Berg sê die positiewe Indiese Oseaan-dipool (IOD) is ook nie gunstig vir reënval in Suider-Afrika nie, maar hy het ook die verwagting uitgespreek dat dit nader aan die einde van die jaar na normaal sal terugkeer.

Die Indiese Oseaan is oos van die Afrika-vasteland geleë, omring die eiland Madagaskar en strek tot teen Australië se westekant.

Dit is hier waar dit die Stille Oseaan ontmoet, wat aan die oostekant van Australië lê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!