El Niu00f1o sneuwel amptelik
El Niu00f1o sneuwel amptelik

El Niño sneuwel amptelik

Temperature in die Stille Oseaan het verlede maand verder afgekoel en intussen normaler vlakke bereik.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Weerkundiges wêreldwyd sê El Niño se rug is nou amptelik gebreek en neutrale Enso-toestande sal waarskynlik in die komende somermaande heers.

In 'n maandelikse analise wat op 8 Augustus uitgereik is, het die Amerikaanse Weervoorspellingsentrum en die Internasionale Navorsings­instituut vir Klimaat en ­Samelewing gesê neutrale Enso-toestande het ingetree en sal waarskynlik die komende somer voortduur.

Enso staan vir El Niño- Suidelike Ossillasie.

Die Amerikaners sê in Julie was ­Enso-toestande neutraal, soos gesien in 'n kombinasie van ondergemiddelde seeoppervlaktemperature in die oostelike ekwatoriale Stille Oseaan asook bogemiddelde temperature in die sentrale Stille Oseaan.

“In die algemeen het oseaniese en atmosferiese toestande ooreengestem met 'n oorskakeling na ­neutrale toestande,” lui die jongste verslag.

Hulle waarsku tans is die kans twee keer meer dat 'n El Niño in die komende somer kan ontwikkel (30%) as wat La Niña-toestande sal ontwikkel. Die kans dat neutrale ­toestande sal voortduur, is 50% tot 55%.

Die nieregeringsorganisasie LandWater het in 'n Facebook-inskrywing ook gesê syfers van 10 Augustus dui aan El Niño is amptelik tot niet en atmosferiese merkers is neutraal.

“'n Bietjie weerstand van die warmer weste duur voort, maar die kouer water in die ooste is besig om te skuif en steeds verder af te koel.

“Ons sal teen die einde van Augus­tus waarskynlik al sterker, kort­termyntendense kan begin waarneem. Ons sal ook met die oog kan sien of die La Niña-vlak (-0,5 °C) moontlik later vanjaar bereik word,” het LandWater gesê.

LandWater het bygevoeg hy het “versigtig optimistiese ­vooruitsigte vir die nuwe somerreënseisoen”.

Die organisasie het verduidelik die Oseaniese Niño-indeks ­vergelyk ­afwykings in seeoppervlaktemperatuur met 'n basistydperk van 30 jaar in 'n spesifieke meetsone.

“Dit stel die interaksie tussen die see en die atmosfeer in die ­tropiese Stille Oseaan voor. Hierdie inter­aksie veroorsaak verskille in

see­oppervlaktemperatuur én reëntoestande, wat dan ­klimaatspatrone wêreldwyd van die Stille Oseaan af beïnvloed.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest | Wolves 0 vs 2 Arsenal | Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad | Girona 4 vs 1 Cadiz | Valencia 1 vs 2 Real Betis | Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce | Hellas Verona 1 vs 0 Udinese | Empoli 1 vs 0 Napoli European Championships Qualifying: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United | Manchester City 1 vs 0 Chelsea English Championship: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 15° | 36° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 18° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:08, High tide: 03:09, Low Tide: 21:13, High tide: 15:31 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:07, Low Tide: 21:11, High tide: 15:29 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:06, Low Tide: 21:11, High tide: 15:28 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 15° | 27° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 17° | 30° Harare: 15° | 30° #N/A #N/A