Ekstremisme deur sosiale media getakel
''n Projek is nou ook in Namibië begin om ekstremistiese geweld deur middel van sosiale media te beveg.
Uniting Namibia Against Global Extremism is die jongste projek wat Unam se Maltas-klub aangepak het.
Dit is deel van ''n Amerikaanse projek wat wêreldwyd onderneem word om gewelddadige ekstremisme te bestry.
Deelnemers van oor die wêreld is uitgedaag om sosiale media te gebruik om die probleem die hoof te bied. Só is die Maltas-veldtog, #Perception2Reality, gebore.
Op die oomblik word die boodskap deur Maltas-lede uitgedra om die man, vrou en veral jongmens op straat in te lig oor wat gewelddadige ekstremisme is en hoe dit verhoed kan word.
Die Maltas fokus op wat daartoe aanleiding gee dat jongmense by ekstremisme betrokke raak en hoe hulle gewerf word. Daar word ook gekyk na die tekens waarop ouers bedag moet wees om te identifiseer of hulle kind ''n potensiële teiken van ekstremiste is, veral deur middel van sosiale media.
Volgens die Maltas is die beste manier om betrokke te raak deur opvoeding en geldige inligting oor wêreldwye gewelddadige ekstremisme te deel. Plaaslik kan dit gedoen word deur die hutsmerk #Perception2Reality soveel keer as moontlik op Facebook, Twitter of Instagram te gebruik.
Die Maltas moedig ondersteuners aan om hul eie inisiatiewe te skep om aandag aan gewelddadige ekstremisme te gee. Begrip van optrede is die eerste stap in die regte rigting om die wêreld ''n veiliger plek te maak, sê hulle.
Besoek www.facebook.com/Perception2Reality/ vir meer inligting.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie