Eksamenuitslae dán bekend
Die voorlopige uitslae vir graad 10 (JSC) en graad 12 (NSSC) hoë vlak vir voltydse en deeltydse kandidate word aanstaande Donderdag (20 Desember) amptelik bekendgemaak. Die uitslae sal beskikbaar wees op die webtuiste van die direktoraat vir nasionale eksamens en evaluerings by www.dnea.gov.na of op die webtuiste van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur en wel www.moe.gov.na beskikbaar wees. Dit kan ook per sms verkry word deur die naam van die eksamen (JSC/NSSC), gevolg deur die van en eerste naam van die kandidaat of volle eksamennommer na die volgende nommers te stuur: 2929, 99099 of 55755. Beide die webtuistes en die sms-diens sal op Donderdag 20 Desember om 00:15 aktief wees.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie