Eksamenbedrog: 32 vraestelle kry voete

Drie strafregtelike sake is geopen en tien verdagtes is vasgetrek.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht



'n Reuse-terugslag vir die on­skuldige kandidate wat 'n kans gestaan het om die eksamen met vlieënde vaandels te slaag.

Dit was die algemene gevoel onder graad 11- en graad ­12-kandidate wat nou eers volgende jaar 'n groot deel van hul eksamen sal kan skryf, nadat ­eksamenvrae­stelle op Ondangwa en Ongwediva uit­gelek het.

Meer as 30 vraestelle in onder meer Engels, biologie, wiskunde en landbou moet aanstaande jaar oorgeskryf word, nadat vraestelle vir die Oktober/November-eksamen uitgelek het.

Leerlinge wat geraak word, sluit graad 12's vir die Namibië Senior Sekondêre Sertifikaat (NSSCO - legacy) en graad 11's vir die nuwe Namibië Senior Sekondêre Sertifikaat (NSSCO - nuut) in.

Met die geraakte vraestelle wat nou eers in Januarie of Februarie volgende jaar geskryf gaan word, is dit onbekend wanneer die nasionale uitslae vir graad 11 en -12 bekend gemaak sal word. Laasgenoemde het 'n uitwerking op die aanvang van klasse vir leerlinge vir gevorderde vlak (AS), sowel as die graad 11-leerlinge vir aanstaande jaar (huidige graad 10-leerlinge).

'n Geraakte leerling is van mening leerlinge moet eerder nou hul finale vraestelle skryf en hul Desembervakansie opoffer sodat die laat uitslae nie dié raak wat verder wil gaan studeer nie.

Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur het Dinsdag inderhaas die Desembervakansie vervroeg om streke genoeg tyd te gun om vir die skryf van die vraestelle in die nuwe jaar voor te berei. Preprimêr tot graad 3 sluit môre, terwyl graad 4 tot graad 10 op 9 Desember vir die vakansie sluit. Die hersiende sluitingsdatums is net van toepassing op skole en/of grade waar die toetsreeks en ­nasionale eksamens voltooi is.

Drie strafregtelike sake is reeds by die Namibiese polisie op Ongwediwa en Ondangwa ­aanhangig gemaak waar die vraestelle uit­gelek het.

Tot op hede is 10 verdagtes in verband met die gesteelde vraestelle in hegtenis geneem, waarvan agt op borgtog vrygelaat is en twee buitelanders wat steeds in aanhouding is.

Die adjunkminister van onderwys, kuns en kultuur, me. Faustina Clay, wou weens die voortgesette polisieondersoeke nie meer inligting in dié verband bekend maak nie, omdat dit moontlik die ondersoeke in die wiele kan ry.

Sy het wel gesê die ondersoeke het gewys meer eksamenvrae­stelle vir verskillende vakke vir graad 12 gewone vlak (NSSC), sowel as die hersiende leerplan graad 11-leerlinge op gewone vlak, kan ook deur die diefstal geraak word.

“Die ondersoeke toon die bron waarvan die vraestelle uitgelek het, kan teruggespoor word na die ­eksamenvraestelle wat vir kandidate bedoel was wat ­gesiggestrem is,” het sy gesê.

Clay sê die uitlek van die vrae­stelle is “'n ernstige kwessie en hoogs betreurenswaardig” en geniet die aandag wat dit verdien.

“Voorvalle van dié aard is ­afskuwelik en is gelykstaande aan akademiese roof en bedrog. Die ministerie veroordeel dit in die sterkste moontlike terme.”

In 'n poging om die integriteit van die land se kwalifasies te beskerm, sal die geraakte ­eksamens dus “­ongelukkig” weer geskryf moet word, het Clay gesê.



GERAAKTE VRAESTELLE

Alle geraakte vakke waarin eksamen nog afgelê moes word, is gevolglik vir dié jaar afgestel. Die presiese datums vir die skryf van die vraestelle sal volgens haar later bekend gemaak word.

Die vakke wat geraak word, is vir graad 12 gewone vlak Engels tweede taal (vraestel 1 & 2), geskiedenis (1 & 2), landbou (1 & 2), ontwikkelingstudies (1, 2 & 3) en biologie (1, 2 & 3).

Vir graad 11 gewone vlak (nuwe leerplan) is dit Engels tweede taal (1), Afrikaans tweede taal (1), biologie (1, 2 & 3), wiskunde (1 & 2), fisika (1, 2 & 3), chemie (1, 2 & 3), entrepreneurskap (1), besigheidstudies (1 & 2), landbou (1) en Oshikwanyama & Oshidongo (1, 2 & 3).

Clay het namens haar ministerie 'n beroep op onderwysers, ouers, voogde en ook die publiek gedoen om enige voorvalle van vermoedelike oortredings aan te meld.

“Intussen is alle administratiewe prosesse onderweg om die voorval te ondersoek en die verdere versterking van bestaande beheermaatreëls te verseker,” het sy beklemtoon.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.64 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.14 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.99 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.14 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 392.10/OZ UP +0.51% | Copper US$ 4.46/lb UP +1.10% | Zinc US$ 2 863.10/T UP 1.46% | Brent Crude Oil US$ 87.47/BBP UP +0.36% | Platinum US$ 927.16/OZ DOWN -0.0097 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.64 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.14 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.99 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.14 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 392.10/OZ UP +0.51% | Copper US$ 4.46/lb UP +1.10% | Zinc US$ 2 863.10/T UP 1.46% | Brent Crude Oil US$ 87.47/BBP UP +0.36% | Platinum US$ 927.16/OZ DOWN -0.0097