Ekonomiese groei voorspel
Ekonomiese groei voorspel

Ekonomiese groei voorspel

Voedselsekerheid kan verbeter indien kommunale en kleinboere hul voedselproduksie verbeter.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Kenners is optimisties oor die vooruitsigte vir ekonomiese groei in Namibië, maar maan terselfdertyd dat die herstel geleidelik sal wees.

Tom Alweendo, die minister in die presidensie verantwoordelik vir Nasionale Beplanning en die direkteur-generaal van die Nasionale Beplanningskommissie, meen alhoewel Namibië tans ‘n moeilike ekonomiese tyd deurmaak en die gepaardgaande uitdagings nie slegs afgemaak kan word nie, is dit nie onoorwinlik nie.

Alweendo se adjunk, me. Lucia Iipumbu, het gister (Woensdag) tydens die Namibië Landbou-unie (NLU) se kongres sy boodskap namens hom oorgedra.

“Alhoewel ons in 2016 vertraagde groei ervaar het, glo ek dat ‘groen lote’ begin verskyn wat daarop dui dat die ekonomie aan die herstel is en dat ekonomiese aktiwiteit vanjaar sal verbeter.

“Dié siening word gesteun deur data wat op beter as verwagte prestasie in mynbou-uitvoere dui. Daarbenewens is daar voortgesette herstel in diamantproduksie en verbeterde uitsette vanaf die nuwe goud-, uraan- en kopermyne.

“Ons verwag ook ’n matige herstel in die landbousektor ná ’n goeie reënseisoen, wat verligting ná die ernstigste droogte op rekord gebring het.”

EKSTERNE FAKTORE

Alweendo het gesê die land se ekonomie ly onder meer omdat die globale ekonomie slegter daaraan toe is.

“Verlede jaar is die globale ekonomie se herstel vertraag nadat globale vraag gestagneer het, verbruikersvertroue verswak het, kommoditeitspryse laag was en beleidsonsekerheid verhoog het.

“Die ekonomiese risikofaktore het ’n swaar las geplaas op verskeie lande wat kommoditeite uitvoer – en ons is nie ’n uitsondering nie,” het hy gesê.

Alweendo meen spesifiek die Chinese ekonomie se verskuiwing van die verbruik van kommoditeite na groei wat deur plaaslike verbruik gelei word, het ’n direkte negatiewe impak op die globale handelsvraag gehad.

“Dit het tot ’n vertraging in die vraag na kommoditeite gelei, wat die pryse daarvoor verlaag het. Die vertraging het ook ons mynsektor geraak,” het hy gesê.

“Die vinnige verswakking in handel met ons grootste streeksvennote het ons ekonomie ook negatief geraak. Terselfdertyd het die vertraging in die Suid-Afrikaanse ekonomie ’n ongunstige invloed op die SADC-inkomstepoel gehad, wat tot ’n kleiner inkomste vir die regering gelei het.

“Baie van die oorsake kan aan eksterne faktore toegeskryf word, maar ons moet ook let op interne swakhede wat verlede jaar tot vertraagde ekonomiese groei gelei het.”

INTERNE SWAKHEDE

Alweendo sê die fiskale konsolidasie was nodig om makro-ekonomiese stabiliteit te verseker, maar dat dit nie pynloos was nie en die operasionele aktiwiteite van beide die regering en sommige groepe in die private sektor geraak het.

Hy sê die Nasionale Ontwikkelingsplan 5 (NDP5), wat vroeër vanjaar bekend gestel is, beklemtoon ’n behoefte om produktiwiteit in die landbousektor te verhoog, veral as dit by kleinboere kom. Hy het bygevoeg dat tot die helfte van die land se bevolking van kommunale boerderye in die Noorde leef.

“Kommunale en kleinboere het ’n belangrike rol te speel as dit kom by verbeterde voedselproduksie en voedselsekerheid. Verhoogde produksie onder die boere sal tot geleenthede vir waardetoevoeging, die skep van inkomste en die ontwikkeling van agro-besighede lei.

“Daar bestaan dus ’n behoefte om landboudienste aan klein- en kommunale boere te versterk – dit sluit in verbeterde toegang tot markte, toegang tot finansiële lenings, steun vir gehaltebeheer en beter sade. Die groenskemaprojekte moet ook uitgebrei word.”

Hy het bygevoeg dat die regering hiermee sal help deur kos van dié boere vir tronke, weermagbarakke, hospitale en skole aan te skaf.

Alweendo sê daar bestaan ’n behoefte om die kommunale gebiede in kommersieel lewensvatbare sones te verander en die oorskakeling sal deur die boere se toegang tot markte beslis word.

VOEDSELSEKERHEID

“Namibië geniet – op nasionale vlak – voedselsekerheid, maar dit is egter nie die geval in verskeie dele van die land waar die bevolking op bestaansboerdery staatmaak nie,” het hy gesê.

Hy het gesê klimaatsverandering vereis aanpassings van boere, wat insluit om insetkoste te besnoei, droogte-bestande gewasse te plant, gewasse te diversifiseer en reënwater te oes.

“In ons landboupraktyke moet die feit erken word dat droogte deel is van ’n hoogs veranderlike klimaat, eerder as ’n natuurramp.”

Hy het verder gesê dis nodig dat vennootskappe tussen die regering, private sektor en burgers aangegaan word ten einde doelwitte vir ekonomiese groei te bereik.

Kommentaar

Republikein 2024-04-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.89 | EUR to NAD 20.54 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.2 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.2 | USD to ZMW 26.13 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 322.14/OZ DOWN -0.0005 | Copper US$ 4.44/lb UP +0.83% | Zinc US$ 2 811.00/T DOWN -0.09% | Brent Crude Oil US$ 87.96/BBP DOWN -0.0042 | Platinum US$ 902.91/OZ DOWN -0.0077 Sport results: Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Weather: Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.89 | EUR to NAD 20.54 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.2 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.2 | USD to ZMW 26.13 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 322.14/OZ DOWN -0.0005 | Copper US$ 4.44/lb UP +0.83% | Zinc US$ 2 811.00/T DOWN -0.09% | Brent Crude Oil US$ 87.96/BBP DOWN -0.0042 | Platinum US$ 902.91/OZ DOWN -0.0077