Ekonomiese bemagtiging in die landbou
Daar ís suksesverhale
Dr. Kobus Laubscher - Die Suid-Afrikaanse nasionale bemarkingsraad se Agripreneur Journal van Maart 2018 ontleed verskeie suksesverhale van die bemagtiging van voorheen benadeelde gemeenskappe.
Die gemene dele is die strategiese doelwit om boere uit dié gemeenskappe met staatshulp in staat te stel om uiteindelik deel te word van kommersiële landbou.
So dikwels word slegs die baie mislukte hulpprogramme aan die groot klok gehang. Die enorme omvang van verspilde geld is en bly kommerwekkend, veral omdat daar bitter min werklike suksesse is. Die staat is egter nie die beste fasiliteerder van hulp nie en die redes is voor die hand liggend. Uitgerekte administratiewe prosesse is gewoonlik nie in pas met die biologie van boerdery nie en die jongste neiging om byvoorbeeld landbougrond te koop vir die rekening van die staat vir die hervestiging van nuwelingboere, werk eenvoudig nie. Van die gevalle waarna in die Maart-joernaal verwys word, dui di took so aan. So moes een opkomende boer twee keer ’n plaas koop omdat sy eerste bod met bepaalde verkoopvoorwaardes nie nagekom kon word nie – die betrokke departement kon nie betyds sy lening goedkeur nie. Wat daarop gevolg het, is endemies aan sulke projekte, naamlik onvoldoende kapitalisering en die afwesigheid van tegniese en ander ondersteuning.
Uiteindelik is eienaarskap van sulke plase ook belangrik aangesien nuwelingboere ekwiteit moet bou vir verbeterde toegang tot finansiering deur die privaat sektor. Laasgenoemde is ook baie keer traag, of alternatiewelik geregtig op hoër rentekoerse om voorsiening te maak vir verhoogde risiko. Alles in ag genome werk sulke noodwendige verskansing verswarend in op volhoubaarheid.
Bewyse van waar kommersiële boere self inspring om byvoorbeeld eie werkers te bemagtig op grond van normale sakebeginsels, is ’n nuwe denkwyse. Indien die staat in sulke gevalle medefinansier word om die bemagtigde boere so te ondersteun dat hulle in volwaardige mede-eienaarskapstrukture kan inskakel, is die kans op sukses groter.
’n Bekende skaapboer in die Smithfield-omgewing het so ’n model toegepas en nege van sy werkers is nou die volwaardige eienaars van ’n plaas en operasionele boerdery waar daar in samewerking met die betrokke kommersiële boer, volhoubare bemagtiging is.
Voorbeelde van waar begunstigde nuwelingboere toegang kry tot grond en voorsien word van die basiese hulpbronne soos masjinerie en vee, maar waar die uiteinde ver weg is van die ideaal om hierdie boere op ’n pad van volhoubare produksie te plaas, oorheers egter die nuus.
Daar is baie redes daarvoor, maar wat gemaklik oorgesien word in sulke programme onder leiding van regerings, is die volgende: Die keuse van die betrokke entrepreneur is belangrik in terme van sy/haar passie, maar veral ondervinding en leergierigheid.
Verder moet die hulpbronne wat beskikbaar gemaak word, die betrokke nuwelingboer se visie komplementeer. Daarmee saam is die oorweging van bekende risiko’s in die landbou nie net belangrik nie, maar ’n vangnet van hulp belangriker.
Toegang tot bedryfskapitaal beskikbaarheid gaan oor meer net die bedrag. Opkomende kommersiële boere se hulp moet betyds genoeg beskikbaar wees om die biologiese ritme van die tipe boerdery te aan te vul. Dit help nie insette is beskikbaar nadat die voorbereiding van lande al klaar moes wees nie.
Die vestiging van ’n nuwe boerdery strek ook oor verskeie seisoene, met die gevolg dat begrotingshulp ook so binne die staat se begrotings voorsien moet word. Dit gaan nie help om weg te spring met ’n seisoen en in die daaropvolgende seisoen is hulp van die staat of laat, of onvoldoende nie.
Saam hiermee is voortdurende voorligting en hulp met programme soos behoorlike siektebeheer, onlosmaaklik deel van suksesvolle vestiging. Nuwelingboere binne tradisionele landboupraktyke wat nie die markte korrek kan volg en interpreteer nie, is dikwels die slagoffer van lae pryse tydens verkope. As sodanig kan verkeerde bemarkingsbesluite ‘n hele jaar se goeie produksie omkeer.
Namate nuwelingboere vorder op die pad van volhoubaarheid, is die behoefte aan hulp en inligting nie minder nie; dit neem toe in terme van die vlakke en saam daarmee die behoefte aan ontsluiting deur voorligters.
Dit is dus ’n proses van interafhanklikheid wat gevolg moet word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie