Ekonomie groei met 3,3 persent

30 December 2003 | Politiek en nasionale nuus
NAMIBië het in 2002 \'n oorhoofse ekonomiese groei van 3,3 persent gehad, terwyl die bruto binnelandse produk in dié tyd ook toegeneem het.
Die groei word toegeskryf aan \'n toename in produksie in die primêre nywerhede, naamlik mynbou, landbou en bosbou, visserye en visverwerking aan boord van skepe. Die oorhoofse groei in die primêre sektor was in dié tydperk 2,6 persent.
Dit is onlangs deur die minister van inligting en uitsaaiwese, mnr. Nangolo Mbumba, bekend gemaak toe hy \'n nuuskonferensie oor onlangse kabinetsbesluite gehou het.
Die tersiêre sektor het in dié tyd goed presteer met \'n gemiddelde groei van 4,1 persent. Daar is veral lof vir die hotelbedryf, restaurante, vervoer en kommunikasie wat bo-gemiddeld presteer het.
Beleggings in heersende markpryse het van N$6 016 miljoen in 2001 tot N$6 065 miljoen in 2002 toegeneem. In reële pryse het beleggings van N$4 256 miljoen in 2001 na N$4 249 miljoen in 2002 afgeneem.
Nog nuus uit die kabinet is dat die Ontwikkelingsbank van Namibië eersdaags toegang tot kapitaal en beleggings van die Nordiese beleggingsbank sal hê ná die kabinet vroeër die maand goedkeuring verleen het vir \'n raamwerk-ooreenkoms waarin langtermyn samewerking tussen Namibië en dié bank vasgeknoop word. Die parlement sal volgende jaar gevra word om die ooreenkoms te bekragtig.
Min. Mbumba sê die kabinetsgoedkeuring en parlementêre bekragtiging is noodsaaklik om aan buitelandse beleggers die versekering te gee dat hul geld veilig is.
Die kabinet het ook \'n soortgelyke ooreenkoms vir die aanmoediging en beskerming van beleggings tussen Namibië en die fonds van die organisasie van die petroleumuitvoerlande (Opec) goedgekeur. Dit moet ook aanstaande jaar deur die parlement bekragtig word.
Die Opec-fonds is aktief in die finansiering van ontwikkelingsprojekte in alle sektore, in die besonder vervoer, landbou, onderwys, gesondheid en energie, die bevordering van ekonomiese ontwikkeling en maatskaplike welsyn asook die verbetering van lewenstandaarde.
Die kabinet het opdrag gegee dat die ministerie van finansies in albei die gevalle finansieringsinstrumente soos beleggings en bedryfskapitaal vir Namibië verseker deur medium en langtermyn lenings namens finansieringsinstansies aan te gaan met die doel om dit weer aan klein, medium en mikro-ondernemings as lenings beskikbaar te stel.

Soortgelyk

 

Voertuie deur Löwen meegesleur

13 ure gelede | Toerisme

Ronelle Rademeyer – Twee toeriste én 'n barmhartige samaritaan moes gister hulpeloos toekyk hoe beide hul voer­tuie deur vloedwater in die Löwenrivier meegesleur word.Dié twee...

Boer slag huurbeeste glo self

13 ure gelede | Misdaad

Elvira Hattingh – 'n Boer uit die Windhoek-omgewing het Donderdag sy vierde verskyning in die landdroshof in Windhoek gemaak op aanklag dat hy 'n boer...

Weer vir 19 Januarie

13 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Wydverspreide donderbuie word oor die binneland verwag.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Namib en verre suide met 'n paar buie, andersins gedeeltelik...

Voëlgriep dalk in Namibië

13 ure gelede | Omgewing

Adam Hartman en Erwin Leuschner – Nadat voëlgriep in Suid-Afrika in die Wes-Kaap etlike maande gelede uitgebreek het, bestaan die vrees tans dat seevoëls langs...

Mense keer op keer uit riviere verskuif

13 ure gelede | Regering

Tanja Bause – Talle huise aan weerskante van 'n rivier wat parallel met Istanbulstraat in Otjomuise loop, het Sondagnamiddag oorstroom. Baie van die betrokke mense...

Pedofielsaak skuif na hoërhof

13 ure gelede | Howe

Kristien Kruger – Die vermeende pedofiel wat daarvan beskuldig word dat hy verskeie jong seuns in Windhoek verkrag en vir pornografies doeleindes misbruik het, se...

Reënseisoen skop buitengewoon swak af

13 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Ofskoon Namibië se weerkantoor opnuut wydverspreide donderbuie vir vandag oor die binneland voorspel, het die eerste helfte van die reënseisoen “baie swak”...

Noorde wag vir reën

13 ure gelede | Weer

Terwyl die sentrale en suidelike gedeeltes van Namibië hoë neerslae die afgelope paar dae aangeteken het, moet die noorde van die land nog volgens die...

Verslag: Verskaffers het Agribusdev droog gemelk

13 ure gelede | Ministeries

Mathias Haufiku – ’n Forensiese verslag oor Agribusdev se sakebedrywighede voer aan verskaffers het voorkeurbehandeling ontvang om sake met die maatskappy te doen deur prysvasstellingstaktieke...