Ekonomie bloei

Namibië se ekonomie het verlede jaar met ‘n skrale N$211 miljoen teenoor dié van 2015 toegeneem.
Jo-Mare Duddy Booysen
Jo-Maré Duddy – Konstruksie wat verlede jaar sowat N$2,2 miljard minder in die ekonomie ingepomp het en mynbou se bydrae wat met meer as ‘n halfmiljard gekrimp het, het BBP-groei in 2016 tot 0,2% laat kwyn.

Dit is aansienlik minder as die 1,3% wat mnr. Calle Schlettwein, die minister van finansies, vroeër vandeesmaand in sy begrotingstoespraak verwag het.

Namibië se ekonomie het laas in 2009 só swak gevaar toe die bruto binnelandse produk (BBP) met 0,3% toegeneem het. Van 2010 tot 2015 het die ekonomie jaarliks met gemiddeld 5,7% gegroei. Hersiende syfers wat gister deur die Namibië Statistiekagentskap bekend gemaak is, toon die ekonomie het in 2015 met 6,1% - en nie 5,3% soos vroeër beraam – gebult.

Volgens Namibië se voorlopige nasionale rekeninge vir 2016 was die land se BBP – *gemeet teen konstante pryse van 2010 - verlede jaar N$108,869 miljard. Dit is ‘n skrale N$211 miljoen meer as in 2015.

Sektore

Die primêre sektor (landbou, visserye en mynbou) het N$369 miljoen minder in die ekonomie gestort as in 2015. Die sekondêre sektor met konstruksie as swaargewig het weens die regering se drastiese bestedingbesnoeiing sowat N$2 miljard minder gegenereer. Skamele ekonomiese groei was danksy die tersiêre sektor se bydrae wat met sowat N$2,2 miljard teenoor 2015 gestyg het.

Beide die primêre en sekondêre sektore het verlede jaar negatiewe groei aangeteken. Hoewel die primêre sektor met -2,4% beter gevaar het as dié -5,2% van 2015, is dit die vierde opeenvolgende jaar dat dit in ‘n resessie is.

Die sekondêre sektor het verlede jaar -10,4% gegroei teenoor 6,9% in 2015. Dit is die swakste vertoning van dié sektor op die NSA se rekord. Die NSA het in 2014 die land se BBP herbaseer en aangepaste syfers word net tot 2008 aangedui.

Die tersiêre sektor het wel positief gegroei, maar dié 3,4% is beduidend minder as die 7,4% van 2015 en is ook die swakste op die NSA-rekord. Streng begrotingsbeheer het groei van die staatsdiens en verdediging van 13% in 2015 tot 2% verlede jaar laat krimp. Die vuisvoos verbruiker het groei in die groot- en kleinhandel van 8,2% tot 3,4% laat verdor.

Kwartale

NSA-syfers toon ekonomiese groei in die laaste kwartaal van 2016 was -3,1%. Hersiende syfers dui op groei van -1,0% in die derde kwartaal en 0,1% die vorige een.

Konstruksie was al vier kwartale van 2016 in die rooi. Die laaste keer toe dit die geval was, was in 2009. Konstruksie het in die laaste drie maande van 2016 met -37,4% gegroei, die swakste vertoning vir die hele 2016.

Groot- en kleinhandel het in die laaste kwartaal met -3,2% gegroei nadat dit die vorige drie positiewe groei aangeteken het. Die laaste keer toe groot- en kleinhandel ingekrimp het, was in die laaste kwartaal van 2008 toe die syfer -6,9% was.

*Konstante eerder as heersende pryse word gebruik om werklike groei in ‘n ekonomie te weerspieël. Dié pryse is vir die uitwerking van inflasie aangepas. Die NSA gebruik tans 2010 as basisjaar, wat beteken die BBP-data word in terme van 2010-pryse uitgedruk.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.45 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.22 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.98 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.22 | USD to ZMW 25.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 376.80/OZ DOWN -0.0013 | Copper US$ 4.45/lb UP +0.77% | Zinc US$ 2 859.60/T UP 1.34% | Brent Crude Oil US$ 86.46/BBP DOWN -0.008 | Platinum US$ 929.01/OZ DOWN -0.0077 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.45 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.22 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.98 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.22 | USD to ZMW 25.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 376.80/OZ DOWN -0.0013 | Copper US$ 4.45/lb UP +0.77% | Zinc US$ 2 859.60/T UP 1.34% | Brent Crude Oil US$ 86.46/BBP DOWN -0.008 | Platinum US$ 929.01/OZ DOWN -0.0077