Ekonome verwag minder as 1%-groei
Ekonome verwag minder as 1%-groei

Ekonome verwag minder as 1%-groei

Die verwagting vir ekonomiese groei is deurgaans afwaarts aangepas.
Elvira Wood – Die vooruitsigte vir Suid-Afrika se ekonomiese groei vanjaar raak ál donkerder.

Vir Junie is die konsensusvoorspelling van die 38 ekonome wat aan die Ekonoom van die Jaar-kompetisie deelneem 0,8%.

Hulle het tot dusver in elke maand se voorspelling hul vooruitskatting afgeskaal – van 1% in Mei, 1,14% in April en 1,27% in Maart.

Hul voorspelling is steeds laer as wat die tesourie (1,5%), die Reserwebank (1%) en die kredietgraderingsagentskappe Moody’s (1,3%) en Standard & Poor’s Global Ratings (1,6%) voorspel.

Die standaardafwyking op dié voorspelling is ’n skamele 0,49, wat wys ekonome stem oor dié lae groeivooruitsig saam.

Die ekonoom wat die minste hoop vir die ekonomie het, is Fanie Brink, ’n onafhanklike ekonoom, wat nou ’n inkrimping van 1,5% voorspel.

Hoewel die ekonome tyd gehad het tot nadat Statistieke Suid-Afrika (SSA) sy jongste syfers vir die bruto binnelandse produk (BBP) op 4 Junie bekend gemaak het, het net sowat ’n derde hiervoor gewag voordat hulle hul Junie-voorspelling ingedien het.

Bykans al die ekonome wat wel gewag het, het hul verwagting vir ekonomiese groei afwaarts aangepas.

Luidens SSA het die ekonomie in die eerste kwartaal op ’n kwartaalgrondslag met 3,2% gekrimp.

Maarten Ackerman, hoofekonoom van Citadel, het onlangs aan Rapport gesê die ekonomie sal in die oorblywende drie kwartale teen minstens 2,5% per kwartaal moet groei, as die land ’n groeikoers van 1% in 2019 wil bereik.

Die ekonome wat aan Netwerk24, Beeld, Die Burger, Rapport en Volksblad se Ekonoom van die Jaar-kompetisie deelneem, moet elke maand voorspellings oor 14 ekonomiese veranderlikes maak. Dit gee ’n goeie riglyn van wat in die ekonomie kan gebeur en verbruikers en sakeondernemings kan dit in hul beplanning gebruik.

Benewens ekonomiese groei, het ekonome ook ander aanpassings gedoen wat ’n groeiende pessimisme oor die ekonomie weerspieël.

Die nuwe voorspellings is:

· Rand-dollar-wisselkoers – van R14,09 (konsensus in Mei) tot R14,22 (konsensus in Junie) (0,52 – standaardafwyking). In Januarie was die konsensus nog R13,80.

· Rand-euro-wisselkoers – van R16,01 tot R16,15 (0,48). Januarie: R15,89.

· Goudprys – van $1 315,88/fynons tot $1 321,33/fynons (63,06).

· Platinumprys – van $878,44/ons tot $868,39 (65,18).

· Inflasiekoers – van 4,93% tot 4,82% (0,31).

· Olieprys – van $68,33/vat tot $67,88/vat (3,27).

Goeie nuus is dat ekonome hul vooruitsigte vir die prima rentekoers effens laer tot op 10,21% aangepas het.

Die Reserwebank se monetêrebeleidskomitee het op sy Mei-vergadering die repokoers onveranderd op 6,75% gelaat, maar twee van die vyf lede van die MBK was ten gunste daarvan dat die repokoers met 0,25 persentasiepunt verlaag word.

Hoewel ekonome steeds uiteenlopende verwagtinge oor die tekort op die lopende rekening het, word die standaardafwyking al hoe kleiner. Die konsensusvoorspelling is nou ’n tekort van R163,92 miljard, teenoor R164,57 miljard in Mei en R165,71 miljard in April.

Die standaardafwyking het van die 28,75 in Februarie tot 17,54 tans gedaal.

Die grootste tekort wat ’n ekonoom verwag, is steeds R200 miljard, net soos wat die geval in Mei was. Die laagste verwagting in Junie is ook steeds R112 miljard. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.4 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.13 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.89 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.13 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 384.89/OZ UP +0.21% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.20% | Zinc US$ 2 863.10/T UP 1.46% | Brent Crude Oil US$ 87.49/BBP UP +0.37% | Platinum US$ 929.76/OZ DOWN -0.0069 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.4 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.13 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.89 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.13 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 384.89/OZ UP +0.21% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.20% | Zinc US$ 2 863.10/T UP 1.46% | Brent Crude Oil US$ 87.49/BBP UP +0.37% | Platinum US$ 929.76/OZ DOWN -0.0069