Ekonome sien g'n silwer randjie vir ekonomie
Ekonome sien g'n silwer randjie vir ekonomie

Ekonome sien g'n silwer randjie vir ekonomie

Die konsensusvoorspelling is dat die buurland se ekonomie vanjaar met net 0,6% gaan groei.
Elvira Wood – Ekonome pas steeds die vooruitsigte vir Suid-Afrika se ekonomiese groei al hoe laer aan – vir vanjaar en volgende jaar.

Die konsensusvoorspelling van die 38 ekonome wat aan die Ekonoom van die Jaar-wedstryd deelneem, is nou dat die ekonomie vanjaar met net 0,6% gaan groei. In Julie was die konsensusvoorspelling 0,69% en in Junie was dit 0,8%.

Sedert Maart pas hulle elke maand hul vooruitskatting laer aan. In Maart was die konsensussiening nog groei van 1,27% vir vanjaar.

Hul voorspelling is laer as dié van die tesourie (1,5%), die Reserwebank (1%) en die kredietgraderingsagentskappe Moody’s (1,3%) en Standard & Poor’s Global Ratings (1,6%).

Die standaardafwyking op die voorspelling is ’n skamele 0,44, wat die groot mate van instemming onder die ekonomie wys oor die swak groeivooruitsig.

Die 38 ekonome voorspel nou ekonomiese groei van 1,37% vir 2020. In Februarie was die konsensusvoorspelling nog 1,9%.

Die ekonome wat aan Netwerk24, Beeld, Die Burger, Rapport en Volksblad se Ekonoom van die Jaar-kompetisie deelneem, moet elke maand voorspellings oor 14 ekonomiese veranderlikes doen.

Dit gee ’n goeie riglyn van wat in die ekonomie kan gebeur en verbruikers en sakeondernemings kan dit in hul beplanning gebruik.

Hoewel ekonome hul vooruitsigte moes indien kort voor die rand vroeg in Augustus drasties veld teenoor die dollar verloor het, het hulle reeds die tekens van die tye gesien en hul verwagtinge aangepas.

Ekonome verwag nou dat die rand teen die einde van die jaar teen R14,42 teenoor die dollar gaan verhandel.

In Julie het hulle R14,17 voorspel.

Die geldeenheid het op 13 Augustus sy laagste vlak in 11 maande bereik toe hy tot R15,45 teenoor die dollar teruggesak het.

Dit is omdat internasionale gebeure beleggers toenemend na beleggingstoevlugsoorde dryf. Dit is ook dan geen wonder dat ekonome hul vooruitsigte vir die goudprys opwaarts aangepas het nie.

Hulle verwag nou dat goud teen die einde van die jaar teen $1 384,21 per fynons gaan verhandel. In Julie het hulle $1 346,07 voorspel.

Die ekonome verwag ook dat die Reserwebank weer vanjaar die repokoers sal verlaag, wat die prima koers teen die einde van die jaar op 9,98% te staan sal bring.

Die Reserwebank se monetêrebeleidskomitee het op sy Julie-vergadering die repokoers met 0,25 persentasiepunt tot 6,50% verlaag.

Aanpassings aan die ekonome se voorspellings is soos volg:

Rand-dollar-wisselkoers – van R14,17 (konsensus in Junie) tot R14,42 (konsensus in Augustus) (standaardafwyking: 0,45). In Februarie was die konsensus R13,80.

Rand-euro-wisselkoers – van R16,11 tot R16,28 (0,38). Februarie: R15,89.

Goudprys – van $1 346,07/fynons tot $1 384,21/fynons (73,33).

Platinumprys – van $856,62/ons tot $853,31/ons (30,76).

Inflasiekoers – van 4,71% tot 4,64% (0,29).

Olieprys – van $66,98/vat tot $65,48/vat (3,48).

Ekonome het steeds uiteenlopende verwagtinge oor die tekort op die lopende rekening.

Die konsensusvoorspelling is nou ’n tekort van R159,86 miljard. Dit is teenoor die R158,90 miljard in Julie, en R163,92 miljard in Junie.

Die standaardafwyking is nou 15,12.

Die grootste tekort wat ’n ekonoom nou verwag, is R198 miljard. Die laagste verwagting in Augustus is R112 miljard. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!