'Ek wou my man se liefde toets'
’n Vrou van Uganda is onlangs daaraan skuldig bevind dat sy vals inligting aan die polisie verskaf het nadat sy haar man se liefde vir haar wou toets deur te maak of sy ontvoer is.
Volgens die koerant Daily Monitor het Aminah Mirembe (23) vals inligting aan die polisie gegee oor haar “ontvoering”. ’n Hof in Kampala het haar gevonnis tot ’n boete wat neerkom op sowat R1 017 of ’n jaar tronkstraf.
Luidens berigte het Mirembe op 26 Mei beweer sy is ontvoer en dat haar ontvoerders ’n losprys van sowat R1 670 eis.
Toe sy gevra is waarom sy druk op haar geliefdes geplaas het, het sy geantwoord: “Ek het my man se liefde vir my getoets.”
Volgens die nuuswebblad Punch het Lydia Batiibwe, die staatsaanklaer, gevra dat Mirembe swaar gestraf word omdat soortgelyke gevalle toenemend in Uganda voorkom. – Netwerk24/News24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie