‘Ek skilder die mooiste as ek honger is’

Lloyd Zandberg
Lloyd Zandberg - Kevin de Klerk is 'n man wat nie maklik opgesom kan word nie. Hy lyk of hy ewe goed kan kook en somme kan maak. Maar dis sy vermoë om die Namibiese landskap op 'n skilderdoek vas te vang wat beïndruk.

"Daar is soveel besonderhede wat ons nie eintlik in landskappe waardeer nie. Wanneer mens dit moet skilder, besef jy hoe indrukwekkend die natuurskoon is. Elke klippie, elke blaar, elke wolk en elke aspek van die natuur is besonders," sê hy.

Kevin se derde solo-uitstalling, Shades of the Sun, open op 28 April om 18:30 by die Muschel op Swakopmund en bestaan uit 'n reeks van 10 skilderye. Dit duur tot 20 Mei.

Hoe het jy begin skilder?

Op vyf het ek vir die eerste keer besef dat ek 'n natuurlik aanvoeling vir kuns en beelde het. Ek het in daai staduim nog nie baie van kuns verstaan of geweet nie, maar ek het wel geweet dat ek baie daarvan hou. Mev. Enslin, wat vir my skoolgehou het, was 'n kunstenaar en dit was haar leiding wat my uiteindelik gemotiveer het om kuns 'n kans te gee. Na baie jare het kunstenaars soos Helena Brandt en Gerrie van Schouwenburg ook 'n geweldige rol in die ontwikkeling van my skildervermoë gespeel.

Wat skilder jy?

My werk het deur die jare hier en daar veranderinge ondergaan. Ek is gaande daaroor om te reis en het ook ’n passie vir fotografie. Wanneer ek 'n mooi landskap sien, sal ek dit afneem, uitdruk en later skilder. Die meeste van my werk is natuurtonele. Landskappe het die vermoë om my heeltemal mee te voer. Daar is iets aan die natuur en al sy skoonheid waarby ek aanklank vind.

Olie of akriel?

Ek verkies akriel. Olie-tegnieke is moeilik en olieverf is ook duurder as akrielverf.

Hoe lank werk jy aan een skildery?

Dit hang van die spesifieke tema af. Party skilderye neem 'n maand of so en ander kry ek vinniger klaar. Ek glo wel kuns is iets wat jy nooit moet aframmel nie. Om 'n uitstalling, of genoeg werke vir 'n uitstalling bymekaar te gooi, kan so lank as agt maande tot twee jaar neem. Dit hang natuurlik alles van my kreatiwiteit af en van hoe lus ek is.

Watter ander kunstenaars bewonder jy?

Keith Alexander se werk was nog altyd vir my briljant. Verder hou ek ook baie van Gerrie van Schouwenburg, Adolph Jentsch, Anja Benseler en Gerrit du Raan. Elke kunstenaar het iets waarby ek aanklank vind. Ek dink nie 'n mens kry lelike kuns nie - smaak verskil.

Wanneer skilder jy?

Een van die grootste voordele van skilder is dat dit baie help met my stresvlakke. Wanneer die lewe en al sy kwessies vir my te veel raak, vind ek my weg na my esel. Dit help my om kalm te bly. Ek hou ook daarvan om laat in die aand te skilder. Gewoonlik skilder ek die mooiste wanneer ek honger is.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!