Ek sal weer begin vry as ek 50 is
So, na aanleiding van my nagtelike gloede wonder 'n paar lesers of ek nie net 'n goeie vry nodig het nie.
Ek vermoed julle's reg, ons het seker almal 'n goeie vry nodig, maar dis juis van vry en 'n woeste verlede dat ek is waar ek is. Hoor my lied:
Ek is die enkelouer van 'n tiener.
My enigste doel op hierdie aarde vir nou is om my tiener ongedeerd deur die storms en drange van hierdie hormonaal onstabiele tyd in haar lewe te kry, en om ons noue band te handhaaf en te verdiep. Sy't my nou selfs nodiger as 'n tweejarige op die punt om 'n vinger in 'n plug te druk, nodiger as wat 'n kleuter 'n tissue nodig het, nodiger as wat ouers op 'n kinderpartytjie drank nodig het.
Tyd vir vry sal daar nog baie wees. Ouderdom is net 'n syfer. Plastiese chirurgie verrig wondere en vet kan uitgesuig word.
Maar die effek van opgeneukte tienerjare kan nie sommer gefix word nie. Die ergste van alles is, maak nie saak hoe hard ek dáár is en hoe hard ek probeer luister en verstaan nie - die kanse dat chaos en vernietiging uitbreek, is in elk geval daar. Maar dan sal ek ten minste weet ek het probeer.
Wat my by die volgende bring: dis baie makliker om al jou aandag aan jou kind te gee as jy 'n enkelouer is. Dis, om die waarheid te sê, 'n verligting dat ek die min gesinstyd wat ek wél tot my beskikking het, aan my tiener kan wy.
As die vryers my drumpel vertrap het, sou arme Spruit met 'n ma moes cope wat hard probeer sexy lyk, wat worry oor hoe mens die vonk behou en wat haar gereeld alleen by die huis los of by babysitters dump. En dis die laaste ding wat Spruit nou nodig het.
Maar omdat ek 'n enkelouer is, is daar vrede in ons huis, daar's nie verwyte of swanger stiltes tussen Ma en Pa nie - selfs die maatjies debrief graag by ons. Omdat ek 'n enkelouer is, kan ons roomys vir ontbyt eet, 'n pak Flings vir aandete en kook ons net wanneer ons lus is vir wetenskaplike eksperimente.
Omdat ek 'n enkelouer is, kan ek ure lank Minecraft saam met Spruit speel sonder om te voel ek skeep iemand af, het ek die voorreg om een keer 'n maand 'n sushi-date met my kind te hê en elke woord in te neem wat sy sê sonder dat iemand anders afgeskeep voel, en kan ons weekliks die meubels rondskuif nes ons wil – ons kan selfs die hele sitkamer in die tuin inskuif as ons so voel. En ons het al.
Ek weet verhoudings en huwelike is nie net sleg nie, maar vir nou is die risiko van al daai soort goed net te groot.
Los my liewer om die belangrikste mens in my lewe gelukkig en gesond te hou. Ek sal weer begin vry as ek 50 is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie