'Ek kies om die mooi te onthou'

16 September 2019 | Ongelukke
Ronelle Rademeyer



“Ek kies om die mooi te onthou. Hy het sy foute gehad, maar hy was 'n goeie mens; hy was bemind.”

Só het me. Edith Ströh (49), suster van wyle mnr. Werner Beddies (47), hom gister beskryf.

Dit gons sedert sy dood in die sosiale media dat hy sy eie lewe geneem het deur Vrydag trompop naby Seeis in 'n Namlog-vragmotor vas te jaag.

Beddies, 'n bekende in die toerismebedryf en een van die vennote van Safari - An African Experience, word op die blad www.werner-beddies.com van bedrog beskuldig.

'n Eis om skadevergoeding van meer as N$500 000 is ook in die hoërhof in Windhoek teen hom hangend. Me. Yvonne Schadee, eienaar van die Vondelhof Guesthouse in Windhoek, eis vir pyn, lyding en vernedering nadat Beddies haar na bewering aangerand het.

Volgens die hofstukke het dit gebeur toe sy verlede jaar na sy onderneming in Sam Nu­jomaweg in Windhoek gegaan het om hom oor sy agterstallige skuld te konfronteer.

Ströh het gister aan Republikein gesê haar broer het hartprobleme gehad en het die afgelope week van pyn in die bors gekla. Daarbenewens het hy ook medikasie gebruik om te voorkom dat hy aan die slaap raak.

“My broers (Jürgen, 51, en Peter Beddies, 54) was vanoggend (Sondag) by die ongelukstoneel en hulle sê daar is remmerke op die pad. Hulle vermoed nie selfmoord nie.”

Volgens haar sou hy dit nooit aan sy seun, Philipp (18), gedoen het nie. Hy is in Duitsland op skool en het gisteroggend in Namibië aangekom.

“Ja, dit is so dat hy finan­siële probleme gehad het, maar hy was 'n goeie, liefdevolle en hardwerkende mens,” het Ströh gesê.

Beddies laat benewens Ströh sy twee broers en sy seun, ook 'n jonger suster, me. Oetie Louw (38), en sy vrou, me. Jutta Beddies-Kulish, agter.

Die begrafnisreëlings is nog nie bekend nie.

- [email protected]

Soortgelyk

 

Weduwee en haar eks lank tronk toe vir moord...

9 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Rachel Rittman (48) en haar 35-jarige eks, Ryno du Preez, is vanoggend onderskeidelik lewenslange tronkstraf en 30 jaar opgelê vir die moord...

Spuite, pille nie by klinieke

20 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Tekorte aan voorbehoedmiddels wat voorbehoedpille en –inspuitings insluit, word tans by openbare gesondheidsgeriewe in die land ondervind.Die direkteur van die ministerie van...

Sakkepakke op Lüderitz

20 ure gelede | In beeld

Tanja Bause - Die eerste trein in meer as 20 jaar het Lüderitz in Augustus vanjaar binnegery. Die trein, wat uit twee lokomotiewe en 20...

Gróót oë op Jan Taks

20 ure gelede | Ministeries

Jo-Maré DuddyVerbruikers wat voortaan BTW van 15% op suiker sal moet betaal, is een van die rits belastingaankondigings wat in vanmiddag se halfjaar-begrotingshersiening verwag word.Kenners...

Drie dae, sewe kinders glo verkrag

20 ure gelede | Misdaad

Sewe minderjarige meisies, waarvan die jongste vier en die oudste 15 jaar oud is, het na bewering binne ’n kwessie van drie dae die jongste...

Pushing the boundaries

20 ure gelede | Skole

Ester Kamati “I enjoy coming up with ideas, often random, often impractical, but occasionally valuable,” says young businesswoman of the year Hilja Eelu. Eelu is...

Children need to move

20 ure gelede | Onderwys

Children spend the majority of their day sedentary, behind desks or in front of a screen.The power of movement has been stolen from these children....

Weer vir 22 Oktober

20 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Noordooste, andersins sonnig en baie tot bloedig warm. Winderige toestande sal oor die binneland voortduur. KUS: Gedeeltelik...

Elke refleks ’n spesifieke doel

20 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht - Primitiewe refleksbewegings wat baba vanaf bevrugting en dwarsdeur hul eerste lewensjaar uitvoer, bedraad die brein en versterk die liggaam.Vir elke refleks is...