'Ek is gemaak om mense te help'

'n Windhoekse kleuterskool­onderwyseres leef haar droom uit as hoof van die Hope Initiatives Namibia-sentrum in die Babilon- informele nedersetting.
Tanja Bause
Tanja Bause – “Ek wil mense help. Ek is gemaak om mense te help,” sê me. Hilia Nambinga, hoof van die Hope Initiatives Namibia-sentrum in die Babilon- informele nedersetting in Windhoek.

Sy is in Windhoek gebore en het tot graad 10 in die hoofstad skoolgegaan.

“Ek het graad 10 gedruip en daarna by die huis gebly. Ek het my ma met haar kapana-besigheid gehelp.”

Hilia het toe besluit om verder te leer en sy het 'n diploma as kleuter­skoolonderwyseres verwerf.

“Ek het ná ek my diploma gekry het as kleuterskooljuffrou by Hope Initiatives begin werk.”

Sy het twee jaar later die skoolhoof van die oorbruggingskool geword, voordat sy in 2011 as hoof van die sentrum aangestel is.

Alhoewel die sentrum in die Babilon- informele nedersetting geleë is, word mense vanuit ses verskillende informele nedersettings hier gehelp.

“By die sentrum het ons 'n kleuter­skool vir kinders van twee tot ses jaar. Ons het ook 'n oorbruggingskool waar ons kinders akkommodeer wat nog nooit op skool was of weens verskeie redes nie meer skool toe gaan nie.

“Van die kinders is weeskinders wat by die huis bly om na hul jonger broers en susters te kyk en dus nie self skool bywoon nie. Ons maak die kinders skoolgereed. Ons leer hulle basiese wiskunde, lees en skryf, sodat hulle skool kan gaan in hoofstroom skole soos die Primêre Skool Frans Aupa Indongo.”

In die oorbruggingskool is 30 kinders. Sommiges het nog nooit skool bygewoon nie, omdat hulle nie 'n geboortesertifikaat het nie.

Sertifisering is 'n bykomende diens wat Hope Initiatives Namibia aan die gemeenskap lewer.

“Baie van die mense weet nie waarheen hulle moet gaan om byvoorbeeld vir 'n geboortesertifikaat aansoek te doen nie. Ons het by die sentrum 'n hulptafel waar ons vir hulle die nodige inligting gee. Ons help hulle die vorms invul, want almal is nie Engels magtig nie. Ons help ook die gemeenskap om vir maatskaplike inkomstetoelaes aansoek te doen.

“Ons het in 2008 met die diens begin en tot 2015 het ons die mense na die verskillende ministeries gevat. Maar ons fondse het min geraak en ons kan dit nie meer bekostig nie. Nou gee ons vir hulle net al die nodige inligting en help waar ons kan.”

Hope Initiatives Namibia aanvaar ook skenkings soos klere en komberse en deel dit aan mense van die ver­skillende informele nedersettings uit.

“Wanneer ons 'n skenking kry, skryf ons dit in 'n boek sodat ons behoorlik rekord hou van alles wat inkom en uitgaan.

“Byvoorbeeld as ons vir 'Maria' klere gee dan skryf ons dit op, sodat sy nie weer 'n skenking kan ontvang nie. Dit is om te verseker almal kry iets en items word regverdig verdeel. Ons gee voorkeur aan oumas wat na kleinkinders kyk, enkelma's, huishoudings waar kinders die hoof is, asook mense wie se sinkhuise afgebrand het,” het Hilia gesê.

Tans word nagenoeg 100 mense op verskillende maniere deur die sentrum ondersteun.

“Ons gee vir hulle opleiding sodat hulle klein besighede kan begin. Ons leer hulle om naaldwerk te doen en om juwele, seep en waspoeier te maak. Die doel is om soveel mense as moontlik op te lei om selfversorgend te wees.

“In ons omgewing verkoop almal tjips of lekkers, maar as jy iets anders kan maak en verkoop, dan is jy verseker jy sal kliënte bykry. Ons wil armoede uitwis en die enigste manier om dit te doen, is om mense op te lei sodat hulle op hul eie kan staan.”

Elke dag kry 150 kinders wat in die kleuterskool of skool is, by die sentrum kos. Nog 150 kinders wat by ander skole is, kom na die sentrum vir etes.

“Sommige Saterdae het ons tot 500 kinders wat iets kom soek om te eet.”

Die sopkombuis kry vars groente uit die tuin op die perseel.

“Ons leer ook mense om tuin te maak. Hul plekkies is baie klein, die honde en mense mors in hul tuine en hul tuine is nie groot nie. Die mense is ook bekommerd die munisipaliteit kan enige tyd beveel om hul kambashus te skuif en wat word dan van hul tuine? So, ons leer hulle om in ou buitebande tuin te maak.

“Ek sê altyd vir hulle, met die tuin in 'n band gaan slaap jy en staan op met jou tuin binne-in jou huis. As die munisipaliteit sê jy moet skuif, dan vat jy jou tuin saam.”

Hope Initiatives Namibia wil mense leer dat tuinmaak verseker hulle het nie net kos vir hulself het nie, maar hulle kan ook die groente en vrugte verkoop om 'n ekstra inkomste te verdien.

“Ons doelwit is om mense in die informele nedersetting se lewens en omstandighede te help verbeter, sodat hulle vir hulself en hul kinders 'n beter lewe kan skep.”

Hope Initiatives Namibia is in 2004 deur Patricia Sola en John Mafukidze as 'n niewinsgewende welsynsorganisasie gestig.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.65 | EUR to NAD 20.3 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.94 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.23 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 18.97 | USD to ZMW 26.35 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 329.94/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.52/lb UP +1.99% | Zinc US$ 2 873.90/T UP 2.4% | Brent Crude Oil US$ 88.08/BBP UP +0.10% | Platinum US$ 902.25/OZ UP +0.01% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.65 | EUR to NAD 20.3 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.94 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.23 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 18.97 | USD to ZMW 26.35 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 329.94/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.52/lb UP +1.99% | Zinc US$ 2 873.90/T UP 2.4% | Brent Crude Oil US$ 88.08/BBP UP +0.10% | Platinum US$ 902.25/OZ UP +0.01%