Ek haat kinderpartytjies
Ek haat kinderpartytjies

Ek haat kinderpartytjies

Karin Eloff
Ek haat kinderpartytjies. Meestal omdat ek so vrot is daarmee om een te hou. Ander ma's omarm die geleentheid om te wys wat in hulle steek, wat hulle paartie-truuks is en presies hoe ver hul waardes bo dié van korale is, maar ek . . . ek is die Woody Allen van kinderpartytjies.
Ek stres sommer al weke voor die tyd oor als wat verkeerd kan gaan. Om verantwoordelikheid vir ander mense se kinders te neem, is nie vir my maklik of lekker nie. Kinders doen mos snaakse goed. Soos om karretjies in hulle neuse op te druk, in popcorn te verstik, hulself in wasmasjiene vas te keer of om deur hulle neuse en ore op te gooi. Dit maak my baie senuweeagtig.
Ander ma's se kinderpartytjies lyk soos iets uit Sarie, en dan doen hulle dit boonop sonder om só rond te hol en te sweet dat hulle hare soos pasgebore babas aan hul maskara-besmeerde gesigte vassit. En sonder pille kastig. Ek betaal eerder iemand om húlle plek op te neuk voor ek die vrede in my eie huis onomkeerbaar versteur. As iemand anders se kind eers in jou kombuisasblik opgegooi het, is jou kombuisasblik nooit weer dieselfde nie.
In die verlede het ek regtig my bes gedoen. Spruit het al ’n pony-paartie gehad, ’n Spur-paartie, ’n pajama-paartie, ’n brandweer-paartie en ’n boeresport-paartie. En elke keer weeg ek vyf kilogram minder ná die tyd. Dis soos om ’n marathon te hardloop.
Van die oomblik dat die paartie begin, moet jy bontstaan om almal happy te hou. Kinders wil mos altyd nóg swiets en nóg vermaak hê, daar's altyd ma's wat net nie wil waai nie en iemand wat eenkant in ’n hoekie sit. Ná die tyd is daar altyd stukke koek in jou Ouma se buffet-laai, opgooi in die asblik en iemand se gehoortoestel in ’n potplant. Moenie vra nie. . .



Nee wat, kinders maak my net nervous. Ek kan regtig nie meer as een op ’n slag hanteer nie. Ek verstom my altyd aan hierdie Earth Mothers wat sommer die helfte van die klas na hulle huis toe nooi oor ’n naweek, en dan's dit nie eers vir ’n verjaardagpartytjie nie – sommer net vir die pret, want Tannie hou so daarvan as die huis vol jillende, hiperaktiewe kinders is wat alles vuilmaak en erger as Cartoon Network op sy hardste klink. Wat is fout met hulle? Of wat is dan fout met my?



Drink ’n wyntjie terwyl die paartie aan die gang is, sê ’n vriendin, maar ek kan nie, want ek moet mos nou maak of ek ordentlik en in beheer is. En ek vloek verskrikik as ek ’n wyntjie gedrink het. Ek lieg. Ek vloek in elk geval verskriklik. Dit hou my uit inrigtings uit.



Afgesien van die kinders, is daar allerhande soorte ma's ook om mee te cope by kinderpartytjies. Daar's die soort wat nie eers uit die kar uitklim wanneer hulle hul spruit by die paartie aflaai nie. Te goed om te groet. Dan is daar die soort wat sommer vir Kleinboet en Kleinsus ook saambring – of hule nou genooi is of nie. Dan is daar die Mevrou wat haar spruit kom aflaai, handsak oor die skouer, met haar hare en naels pas gedoen, wat vra of jy sal omgee as haar spruit oorslaap, want sy en Manlief is op pad na ’n funksie toe. En dan is daar die soort ma wat nie baie uitkom nie, wat vir die hele paartie bly en jou ore hijack terwyl die kinders jou plek afbreek en mekaar doodslaan.



Eerskomende naweek is dit weer sulke tyd. Spruit word 13. Maar dié keer betaal ek iemand anders om die paartie te doen. Want my geestelike gesondheid is vir my kosbaar. En inrigtings is nie vir my nie. En ek wil darem my kind se 13de verjaarsdagpartytjie saam met haar geniet. En die belangrikste is dat sy dit moet geniet, want hiérdie dag is waarvan sy haar medegryskoppe eendag gaan vertel in die ouetehuis. Hopelik.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.75 | EUR to NAD 20.4 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.04 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 323.82/OZ UP +0.32% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.39% | Zinc US$ 2 869.60/T UP 2.25% | Brent Crude Oil US$ 87.28/BBP DOWN -0.0082 | Platinum US$ 901.07/OZ DOWN -0.0012 Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.75 | EUR to NAD 20.4 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.04 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 323.82/OZ UP +0.32% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.39% | Zinc US$ 2 869.60/T UP 2.25% | Brent Crude Oil US$ 87.28/BBP DOWN -0.0082 | Platinum US$ 901.07/OZ DOWN -0.0012