Einde van rommelstatus wink – kenners

Elvira Wood - Kredietgraderingsagentskappe behoort dit ernstig te oorweeg om Suid-Afrika se kredietgradering op te gradeer, of ten minste hul vooruitsig van ‘negatief’ na ‘positief’ te verander.

Dit is die mening van prof. Riaan de Jongh, direkteur van die sentrum vir bedryfswiskunde en informatika aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom.

Dr. Conrad Beyers, Barclays Afrika-voorsitter in aktuariële wetenskap aan die Universiteit van Pretoria, stem saam dat gegewe die onlangse politieke verwikkelinge die kans skraal is die land se soewereine kredietstatus in 2018 afgegradeer sal word.

De Jongh sê dit sal definitief moeilik wees vir agentskappe om kredietgraderings opwaarts aan te pas as hulle net na historiese data kyk en nie die fundamentele skuiwe in die ekonomiese vooruitsigte vir Suid-Afrika insluit nie.

Dit sluit die verkiesing van Cyril Ramaphosa as president in.

“Die staatsrede deur pres. Ramaphosa is duidelik die begin van ’n nuwe en dramatiese ommekeer in hoe die staat tekortkominge in presies daardie faktore wat die basis sal vorm van die ontledings wat die graderingsagentskappe gebruik gaan aanpak,” sê hy.

Beyers wys daarop dat politieke risiko een van die groot dryfvere in 2017 was hoekom van die kredietgradeerders besluit het om Suid-Afrika tot rommelstatus af te gradeer.

Hy sê nou dat risikofaktore soos grootskaalse korrupsie en finansiële wanbestuur na verwagting ’n kleiner impak op die ekonomie gaan hê, behoort kredietgradeerders hul graderings te hersien.

Moody’s Investor Service is die enigste van die drie groot kredietgradeerders wat staatskuld nog op beleggingsgraad gradeer.

Dit is sowel staatskuld in rand – die belangrikste omdat dit die meeste van die staat se skuld verteenwoordig – as skuld in dollar en euro.

S&P Global Ratings het staatskuld in rand in November tot onder beleggingsgraad afgegradeer en staatskuld in buitelandse geldeenhede verlaag tot twee vlakke onder beleggingsgraad.

Fitch Ratings het reeds in April 2017 alle staatskuld tot onder beleggingsgraad afgegradeer, maar het dit nie in November vir ’n tweede keer afgegradeer nie.

Beyers sê Fitch en S&P se besluit om Suid-Afrika tot rommelstatus af te gradeer nou nie meer geregverdig kan word nie omdat die kans dat Suid-Afrika nie sy skuld gaan terugbetaal nie, drasties verminder het.

Beyers en De Jongh sê dit sal goed wees as die agentskappe hul graderingsbesluite op ’n deursigtige en wetenskaplike manier verduidelik.

Toekoms

Beyers en De Jongh erken dat daar steeds beduidende risikofaktore is wanneer dit by die Suid-Afrikaanse ekonomie kom.

Dit sluit in die stand van staatsondernemings en onsekerheid oor eiendomsreg.

Hulle sê dit lyk wel of daar ’n omgewing geskep gaan word wat baie meer sakevriendelik is, daar nie in die Suid-Afrikaanse finansiële stelsel ingemeng gaan word nie, en dat die regbank en tesourie hul onafhanklikheid sal behou.

Dié aspekte is alles positief wanneer dit by ’n besluit oor ’n kredietgradering kom.

Beyers en De Jongh sê danksy die beduidende veranderinge in die politieke omgewing in Suid-Afrika, is ’n opgradering geregverdig.

Hulle sê die korttermyneffek van ’n opgradering sal die huidige positiewe sentiment oor Suid-Afrika steun.

Dit behoort internasionale beleggers weer aan te moedig om Suid-Afrika as beleggingsbestemming te oorweeg.

Moody’s het die dag nadat Jacob Zuma as president bedank het, gewaarsku dat ’n nuwe leier op sigself nie genoeg is nie.

Gradeerders

Zuzana Brixiova, visepresident van Moody’s, sê in ’n verklaring hulle hou die ontwikkelinge in Suid-Afrika fyn dop, “en is gefokus op die beleidsimplikasies van die voortslepende veranderinge in leiers.

“Uit ’n kredietperspektief is die bepalende punt hoe die nuwe leiers op die land se ekonomiese en fiskale uitdagings reageer, en hoe hulle vorder met inwerkingstelling van hervormings wat dit moet oplos.”

S&P het sê die nuwe leierskap van Ramaphosa kan vertroue skep en “kernhervormings waarmee reeds begin is, bespoedig”.

“Mnr. Ramaphosa en sy regering sal tyd nodig hê om maatreëls te ontwerp en in te stel om ekonomiese groei te verbeter en staatsfinansies te stabiliseer, gegewe die strukturele en institusionele uitdagings wat Suid-Afrika moet oorkom,” sê hy in ’n verklaring.

Die agentskap sê ekonomiese groeivooruitsigte bly laag en dit is ’n struikelblok vir die terugbetaling van skuld. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!