Einde van resessie bring nie vreugde vir rand
Elvira Wood – Die Suid-Afrikaanse ekonomie is dalk nie meer in ’n resessie vasgevang nie, maar dié nuus het nie enige vreugde vir die rand gebring nie.
Statistieke Suid-Afrika het Dinsdag aangekondig die ekonomie het in die derde kwartaal (Julie tot September) met 2,2% gegroei vergeleke met die tweede kwartaal.
Hoewel die rand in ’n stadium Dinsdag teen R13,54 teenoor die dollar verhandel het, het hy eindelik op R13,83 gesluit.
Hy verhandel vroeg Woensdagoggend teen R13,84 teenoor sy Amerikaanse eweknie.
Vroeg Woensdagoggend het die rand teen R17,58 teenoor die Britse pond en R15,68 teenoor die euro verhandel.
Met hulpbronne staan sake soos volg:
· Goud: $1 234 per fynons
· Platinum: $794 per ons
· Olie: $60,98 per vat
Digitale geld
· Bitcoin: $3 816,51
· Ethereum: $106,45 – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie