Eiendomsman Jerome Joseph sterf
Ronelle Rademeyer - Die bekende Windhoekse eiendomsman, mnr. Jerome Joseph (52), is Maandagnag in sy slaap aan vermoedelik ’n hartaanval dood.
Hy was die oudste van die bekende mnr. Bennie Joseph en sy vrou, Heletje, se drie kinders en het grootgeword in die byna 50 jaar oue eiendomontwikkelings- en bemarkingsmaatskappy Joseph & Snyman.
Joseph het direk ná sy studies aan die Universiteit Stellenbosch by dié familieonderneming begin werk en is later tot bemarkingsdirekteur bevorder.
Sy dood is die tweede tragedie in een week vir dié familie. Sy skoonpa, ds. Errol Viljoen, het verlede week in die Strand gesterf.
Me. Veronique Joseph (48), sy vrou, was ten tyde van sy dood in die Strand om met haar pa se begrafnisreëlings te help.
Joseph sou vandag saam met hul dogters en sy ouers Kaap toe gevlieg het om die begrafnis by te woon. Hulle is die 23-jarige Anesia, die 21-jarige Veronique en hul jongste dogter, Helé (15).
Sy suster, me. Colet Joseph, het gister gesê sy onverwagse dood is vir die familie ’n reuseskok.
“Jerome was ’n vriendelike mens en altyd gewillig om na ander te luister. Hy was ’n groot rugbygeesdriftige en gewoonlik die hart van ’n partytjie,” sê sy.
Hy laat benewens sy vrou, kinders, ouers en Colet, ook sy ander suster, me. Anke McDonald, agter.
Begrafnisreëlings is nog nie bekend nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie