Eienaarskap oorheers nie meer met NEEEF
Eienaarskap oorheers nie meer met NEEEF

Eienaarskap oorheers nie meer met NEEEF

Nuwe wetsontwerp word ná kabinetsinsette hersien.
Die Nuwe Raamwerk vir Gelyke Ekonomiese Bemagtiging (NEEEF) word tans verfyn.

Dít weens kabinetsinsette oor die definisie van voorheen benadeeldes, die omvang van betrokke besighede en voorsiening vir eienaarsbelang.

Volgens me. Saima Shaanika, woordvoerder van die kantoor van die eerste minister, sal die nuwe wetsontwerp na verwagting voor die einde van die finansiële jaar aan die parlement voorgelê word.

Die kabinet het voorgestel die vereiste van eienaarskap dra nou dieselfde gewig as vereistes vir opleiding en vaardigheidsontwikkeling, ondernemingsontwikkeling en marktoegang, tegnologie en innovasie en korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid.

Politieke leiers beoog nou 'n holistiese benadering tot voldoening aan NEEEF-vereistes, sê Shaanika, en “nakoming sal geëvalueer word deur prestasie vir elk van die pilare te bepaal en deur 'n gradering gebaseer op 'n algehele punt te verskaf,” sê sy.

Volgens haar is die gaping op die gebiede van welvarendheid en inkomste in Namibië nog duidelik.

“Die voorgestelde bemagtigingswetgewing is 'n poging om hierdie gaping te verminder deur 'n omgewing te skep waarin geen Namibiër uitgesluit mag word nie, terwyl geleenthede vir verdere volhoubare ekonomiese groei geoptimaliseer word.

“Dit is 'n geleentheid vir Namibiërs om 'n omgewing van solidariteit en eenheid en groter welvaart vir almal te skep,” sê sy.

In die loop van die komende maande sal die NEEEF-span, wat beamptes van die kantoor van die eerste minister en van die kommissie vir regshervorming en –ontwikkeling (LRDC) insluit, 'n hersiening van dié wetsontwerp opstel.

“Die bedoeling is om interne gesprekke met die regering en belanghebbendes deur te voer sodat inligting wat aan die breër publiek teruggestuur word, duidelik en deeglik oorweeg is,” sê sy.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!