Eie doel laat Namibiu00eb sug
Eie doel laat Namibiu00eb sug

Eie doel laat Namibië sug

Sokker
Sokkerkykers in Namibië het gisteraand 'n gesamentlike kreun van stomgeslane teleurstelling geuiter toe 'n eie doel die brawe Brave Warriors se puik vertoning teen Marokko bederf het.

Die eie doel in die 88ste minuut deur die ongelukkige Itamunua Keimune het die uitslag met 1-0 in Marokko se guns geswaai in beide spanne se openingswedstryd in die 2019 Afrika Nasiebekertoernooi in Egipte.

Die feit dat die láát vryskop skadeloos en onaangeraak verby die doelhok sou geseil het as die Namibiese plaasvervanger nie met sy kopstoot die bal verby sy eie doelwagter Loydt Kazapua gestuur het nie, het die teleurstelling soveel erger gemaak om te verwerk.

Teen een van die gunstelingspanne in die Afrika-skouspel was afrigter Ricardo Mannetti se dapper krygers tot in daardie stadium dubbel en dwars op koers om met 'n welverdiende ligapunt weg te kom.

Marokko, afgerig deur die Fransman Herve Renard wat tevore reeds Afrika-triomf met Zambië én Ivoorkus beleef het, se drie punte plaas hom nou boaan groep D, terwyl die Brave Warriors hul wonde lek en opnuut planne moet smee om in hul oorblywende wedstryde die minus-een doelverskil om te swaai.

Namibië se oorblywende groepwedstryde beloof om ewe warm te wees – teen Suid-Afrika komende Vrydagaand en daarna Ivoorkus op 1 Julie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!