EHRA help maak Fransfontein touwys

Tanja Bause
Tanja Bause – Nadat olifante in Mei 'n gemeen­skap op Fransfontein se tuine en heinings vernietig het, het Elephant-Human Relations Aid (EHRA) met die ministerie van die omgewing, bosbou en ­toerisme (MEFT) saamgespan om die ­heinings te herstel.

Die gemeenskap is terselfdertyd opgelei hoe om hul groentetuine te beskerm, sodat hulle olifante se gedrag kan verstaan en hoe hulle moet reageer wanneer die olifante naby hul opstalle of tuine kom.

Volgens me. Shannon Diener, projekbestuurder van EHRA se Peace-program (People and Elephants Amicably Co-Existing), is talle van die metodes wat konflik kan afweer ­eenvoudig en kan onmiddellik ­toegepas word.

“Ons het die gemeenskap gehelp om 'n brandrissie-draad te maak om hul tuine te beskerm. Ou lappe word in 'n mengsel van brandrissies en ou enjinolie deurdrenk en aan die draad gehang. Hierdie mengsel verdoesel die reuk van die groente en hou die olifante weg, want hulle hou nie van brandrissies nie.

“Die rook van brandrissies help ook. Meng vars brandrissies met olifantmis en plaas 'n paar warm kole in die middel. Dit sal stadig smeul en die olifante weghou,” het sy gesê.

Die ministerie het twee van sy veldwerkers gestuur wat tien sterk mans van die gemeenskap bymekaargekry het om hoofman Cornelius Bowe (87) se heining te herstel.

Volgens mnr. Samuel James van die MEFT kom die olifante gewoonlik snags.

“Die blote heinings hou die ­olifante nie weg nie. Ek hoop die ­gemeenskap is nou meer bemagtig met die kennis wat ons met hulle gedeel het,” het hy gesê.

Volgens me. Rachel Harris, die besturende direkteur van EHRA, is dit belangrik om mekaar te help en te leer hoe om saam met wilde ­olifante te kan leef.

“Een van die belangrikste aspekte om die konflik te versag, is die kennis dat almal nou iets kan doen om hul eiendom en lewensbestaan te kan beskerm en dat dit nie noodwendig duur is nie. Hulle kan hul groente en selfs iemand se lewe red.”

Olifante migreer na aanleiding van die beskikbaarheid van voedsel en water. So kan hulle in gebiede opduik waar hulle vir vele jare afwesig was, wat mense onkant kan vang. Dit is dus belangrik dat gemeenskappe voorbereid is vir die moontlikheid dat olifante kan opdaag en weet hoe om hul besittings, tuine en hulself te beskerm. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas | Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!