Ehlers maak skoonskip by NAMAs

13 September 2019 | Kuns en vermaak
Lloyd Zandberg - Die Namibiese Jaarlikse Musiektoekennings (NAMAs) het die afgelope Saterdagaand by The Dome op Swakopmund plaasgevind.

Dié geleentheid lok jaarliks die beste kunstenaars in die bedryf, mode-aanhangers en die algemene publiek om ‘n aand van Namibiese musiek te vier, en sodoende kunstenaars met toekennings vir bostaande prestasies te vereer.

Lize Ehlers was die topwenner by vanjaar se NAMAs. Sy het onder meer die toekennings vir Beste Kunstenaar, Beste Vroulike Kunstenaar en Beste House in die sak gelaai.

Kollig het met haar oor die aand gesels.

“Ek het al begin huil toe ek die eerste toekenning ontvang, en sedertdien het ek nog nie opgehou nie. Ek dink ek is gedehidreer van al die huil. Dis trane van dankbaarheid en trots.”

Die algemene ervaring was wonderlik, sê Lize.

“So baie ander vroue het my op die reis ondersteun, maar meer spesifiek my mentor, Sandy Rudd. Sandy het vir my gesê ek moet sorg ek bly naby die venue sodat ek nie die heeltyd rond hoef te rits nie. Sy was so gaaf en het my akkommodasie vir die tydperk geborg. My stilis, Melissa Poulton, het ook al die pad na Swakopmund gereis om seker te maak alles val in plek en dat ek reg sal lyk indien ek iets sou wen.”

Die openingsliedjie waarvan Lize deel was, was gerig op die bewusmaking van geslagsgeweld, en sy voeg by dit is ‘n kwessie wat haar na aan die hart lê.

“Ek wou curvy mixed vrouens verteenwoordig. En dis wat ek gedoen het. My tipe mense.”

Lize sê iemand het in die sosiale media geskryf: “Jong, dit was ‘n lang stap van Mariental.”

“En dis presies wat dit is. Ek kom al so 'n lank pad. Dit het my so emosioneel gemaak omdat dit al tien jaar is wat ek in die industrie werk. En om uiteindelik erkenning te ontvang, was ongelooflik.

“Om te wen het my net weer eens laat besef dat ek op die regte pad is, en alles waarin ek glo, iets beteken. Ek werk al jare en nou is dit duidelik: Harde werk is nooit verniet nie.”

Haar album 5, waarvoor sy die genoemde pryse ontvang het, beskou sy as stories, of soos sy sê, boodskap-musiek.

“Dis nie net lirieke nie. Dis stories. Ongeag die genre, het mense besef dit is musiek met 'n boodskap. Vier uit die vyf enkelsnitte wat ek vrygestel het, het dit tot die no.1-posisies op plaaslike radiostasies gemaak.”

Lize is veral opgewonde oor die Beste House-toekenning.

“Fantastic Sam was op die snit en hy vorm net so 'n groot deel van die prys. House-musiek maak vir my sin. Ek hou daarvan en ek het al aan die begin my van loopbaan daarin belang gestel. Dit was ‘n eer om daarvoor erken te word.”

Die toekenning waarop sy die trotsste is, is uiteraard die mees gesogte prys van die aand – Beste Kunstenaar.

“Vroue kan ook die kunstenaars van die jaar wees. Jy hoef nie ‘n man te wees nie. Dit moet net iemand wees wat sonder ingee en ophou, hard gewerk het. Daar is soveel liefde wat daarmee gepaard gaan. En ek is eerlikwaar in ekstase oor die wen van dié toekenning."

Lize het onlangs haar nuwe album, Lize Live, vrygestel en is tans op Swakopmund om dit te bemark. Hou die Kollig dop vir optreedatums en shows.

KASSIE

Die volledige lys wenners:

Beste Afrikaans - Vaughn Ahrens

Beste Damara Punch - T-Bozz & Staika

Beste Oviritje - MBM

Beste Soukous/Kwasa - Allen Jonathan

Beste Afropop - Gazza

Beste House - Lize Ehlers

Beste Gospel - Lindsey

Beste Kwaito- Exit

Beste R&B - Jaleel

Beste Rap/Hip-Hop - Skrypt

Beste Reggae - Gerry Dread

Beste Tradisionele Liedjie - Big Ben

Beste Enkelsnit - KK

Beste Musiekvideo - KK

Beste Liedjie - Gazza

Beste Samewerking - Blenge Mo Fire & Jimmy Jay

Pan-Afrika-kunstenaar van die jaar - AKA

Beste Vervaardiger -DJ Chronic

NAMA- Spesiale Toekenning - Brenda Fassie

Beste Nuweling- Top Cheri

Beste Duo/Groep - Tswazis

Beste Album van die Jaar - Top Cheri

Beste Vroulike Kunstenaar - Lize Ehlers

Beste Manlike Kunstenaar - Exit

Beste Kunstenaar - Lize Ehlers

Lifetime Achiever’s-toekenning - Stoney Mubiana

Soortgelyk

 

Meegesleurde Okahandja-vrou steeds soek

49 minute gelede |

Elvira Hattingh - Die 42-jarige vrou wat gisteroggend deur die water meegesleur is toe sy en twee ander mense die Okahandjarivier te voet wou oorsteek,...

Hardap kry 19 Mm³ water sedert Maandag

1 uur gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Sedert die afgelope Maandag het die Hardapdam ’n reusehoeveelheid water bygekry, naamlik 19,523 Mm³ (miljoen kubieke meter). Die dam is nou 27,2%...

Nóg twee kietsies kry nekbande

2 ure gelede | Omgewing

Nóg twee swartpootwildekatte is in die vroeë oggendure met nekbande toegerus. Prof. Morgan Hauptfleisch en sy span van die Black-Footed Cat Working Group is tans...

Okahandja-kleinhoewe oorstroom weer

13 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Terwyl die polisie gistermiddag bevestig het ‘n vrou is nog soek nadat die Okahandjarivier haar vroeg gisteroggend meegesleur het, was ‘n kleinhoewe-eienaar...

Geingob stil oor kleiner kabinet

13 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Ten spyte van die groot gewag daaroor in sy Oujaarsrede weet Namibiërs nog nie hoe groot pres. Hage Geingob se verkleinde kabinet...

Eerste swartpootwildekat kry nekband

13 ure gelede | Omgewing

Francoise Steynberg - Daar is geskiedenis gemaak toe Namibië se eerste swartpootwildekat vandeesweek met 'n nekband toegerus is. "Om die klein katjies op te spoor,...

Weer vir 27 Februarie 2020

13 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Verspreide donderbuie sal oor die noordelike streke en Omaheke- en Khomasstreek voortduur waar kitsvloede verwag word. Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik...

Drie stroop glo renoster in Etosha

13 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg - Nege verdagtes is verlede week in verband met renosterstropery of -horingsmokkelary in hegtenis geneem. Vanaf 17 tot 23 Februarie is beslag op...

Droogte: Baie boere wurg nog

13 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer - Foto’s van vol riviere, opgaardamme waarvan die vlakke styg en panne water langs die pad en in die veld het die afgelope...