Egpaar verongeluk kort ná hulle in Namibië land
Ronelle Rademeyer - ‘n Suid-Afrikaanse egpaar het gister kort ná hulle aankoms in Namibië sowat 6 km buite Windhoek op die lughawepad gesterf toe die taxi wat hulle vervoer het, reg van voor deur ‘n BWM getref is wat na bewering ‘n voertuig teen ‘n blinde hoogte verby gesteek het.
Die 55-jarige vrou was reeds dood toe die paramedici op die toneel aankom, maar haar man (58) het nog geleef.
Volgens ‘n verslag deur die paramedici van die Lady Pohamba Private Hospitaal wat later gister op die Facebook-blad van Namibia Medical Rescue 24/7 Services gedeel is, was die man ernstig beseer.
“Sy toestand het gevorderde lewensondersteuningsbehandeling vereis en ten spyte van uitgebreide resussitasiepogings, het hy aan sy ernstige beserings beswyk,” lui die verslag.
Die bestuurder van die taxi wat toeriste tussen die Hosea Kutako Internasionale Lughawe en Windhoek vervoer, mnr. Andreas Markus (42), is ernstig beseer.
Adj.komm. Edwin Kanguatjivi, hoof van die polisie se openbare skakelafdeling, het gister gesê ‘n klag van strafbare manslag, asook van roekelose en nalatige bestuur is teen die 21-jarige bestuurder van die BMW aanhangig gemaak. Hy was dit enigste insittende in die voertuig en is ernstig beseer.
Sy naam kan nie bekend gemaak word nie aangesien hy nog nie in die hof verskyn het nie.
Volgens Kangiatjivi is beide beseerdes na die Rooms-Katolieke hospitaal in Windhoek vervoer waar hulle behandel word.
Teen laat gister kon die name van die Suid-Afrikaanse egpaar nog nie bekend gemaak word nie aangesien hul naasbestaandes nog nie almal van hul dood in kennis gestel is nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie