Egpaar oorleef motorongeluk
’n Man en sy vrou het Donderdag ongedeerd daarvan afgekom toe die voertuig waarin hulle op reis was, die pad verlaat en omgeslaan het. Volgens die koördineerder van misdaadondersoeke in die Hardapstreek, was die man besig om ’n minibus verby te steek, toe hy beheer oor die motor verloor het. Volgens adj.komm. Eric Clay het die ongeluk omstreeks 16:00 sowat 10 km uit Gibeon op die Gibeon-Asab-pad plaasgevind. Niemand is in die ongeluk beseer nie. ’n Botsing verlede maand op die dieselfde pad het die lewens van vier mense geëis. - Nampa
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie