Efundja raak 1 455

Die regering monitor die vloedsituasie voortdurend om gesinne en individue te help wat verskuif moes word.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Altesaam 1 455 mense is deur die onlangse vloed in die Omusati-, Oshana-, Ohangwena- en Zambezistreek geraak. Sowat 810 mense is ook na hoër grond verskuif en ontvang tans steun van die regering af.

Eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila het onlangs in die parlement verslag gedoen oor die vloedsituasie in die noorde van die land en het gesê haar kantoor bly in kontak met dié gebiede sodat die regering hulle kan steun.

“In die Oshanastreek is 120 gesinne, of 566 individue, na die Ekuku-sentrum verskuif, terwyl dit lyk of watervlakke in die streek steeds styg.

“Tans is agt nedersettings in die Ongwediva-kiesafdeling deur water omring en enkele gesondheidsfasiliteite is geraak of heeltemal afgesny. Gesondheidsdienste in die gebied word tans deur regeringshelikopters verskaf,” het Kuugongelwa-Amadhila gesê.

Volgens haar is altesaam 265 mense in die Omusatistreek by die Etayi-, Onesi-, Outapi- en Okalongo-kiesafdelings deur die vloed geraak.

Agt paaie is ook in só mate beskadig dat dit onbruikbaar is. Twee klinieke is afgesny.

“In die Ohangwenastreek is 34 huishoudings of 120 individue in die Omafo- en Omatunda-gebiede geraak. Terselfdertyd kan die Onghala-nedersetting, die kliniek in die Ongenga-kiesafdeling, asook die Primêre Skool Onghala nie meer met motors of per voet bereik word nie. Hier word ook tans van helikopterdienste gebruik gemaak.

"In die Zambezistreek is 33 huisgesinne deur water omring en 51 huishoudings se mielielande deur peste en vloede geraak. Nege huishoudings se mielielande is deur bolwurms verwoes.

“Die regering en die Rooikruisvereniging van Namibië sal voortgaan om hulp te verleen in die vorm van tente, kos, uitreikdienste en insekdoders wat help om malaria te beveg. Muskietnette en kooktoeuristing word ook verskaf.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!