EFN kap weekblad oor foto van lyk

'Media bereik laagtepunt'

07 November 2018 | Plaaslik
Die Redakteursforum van Namibië (EFN) het sy ontsteltenis uitgespreek oor die weekblad Informanté wat ’n gru-foto van wyle mnr. Ivan Pitt op Facebook geplaas het.

Op die foto hang Pitt se lyk aan 'n dakbalk in die garage van die huis op Swakopmund waar me. Lindie Prinsloo Vrydag vermoor is.

"Alhoewel Informanté nie 'n lid van die EFN is nie, kom die grafiese inhoud neer op onetiese en onsensitiewe joernalistiek wat die Namibiese media in die algemeen in onguns by sy lesers en aanlyn lesers bring," sê die EFN se uitvoerende komitee in 'n mediaverklaring.

"Dit kan nie geargumenteer word dat hierdie foto in die openbare belang geplaas is of om bewustheid te skep nie. Dit blyk die enigste doelwit was die sensasionalisering van brekende nuus en om grafiese inhoud te gebruik om meer klieks te werf. Ongeag wat die oorledene na bewering gedoen het, was hy 'n pa, 'n seun en familielid, en gelief deur diegene na aan hom," sê die EFN.

Klousules 4 en 12 in hoofstuk 1 van die Etiese Gedragskode vir Namibiese gedrukte, uitsaai- en aanlyn media wat handel oor privaatheid, waardigheid en reputasie, sowel as gewelddadige en grafiese inhoud, verwys na hoe die media met omsigtigheid en sorgsaamheid die kwessies van idividue se privaat lewe moet hanteer:

Die privaatheid en waardigheid van diegene wat treur, moet gerespekteer word en respek moet ook betoon word aan oorledenes.

Die media moet ook versigtig en verantwoordelik wees wat betref die aanbieding van wreedheid, onnodige geweld en lyding, en materiaal moenie geweld bevorder nie.

"Informanté se plasing het nie die gevoelens en waardigheid van die treurende familie in ag geneem nie. Daar is ook nie 'n prominente waarskuwing gegee dat die inhoud grafies en onvanpas is vir sekere lede van die publiek nie," meen die EFN.

Die EFN het die belangrikheid van verantwoordelike joernalistiek beklemtoon waarvolgens joernaliste die hoogste standaarde van geloofwaardigheid moet handhaaf en die vertroue van die publiek moet behou soos deur die etiese gedragskode bepaal.

MEDIASTANDAARD

Mnr. Frederico Links, 'n medenavorser by die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR) en voorsitter van die drukgroep ACTION Coalition wat streef na toegang tot inligting in Namibië, het gesê hy stem ten volle met die EFN saam, want dié soort joernalistiek is nie volgens die etiese gedragskode vir Namibiese media nie.

"Dit wat Informanté gedoen het, is oneties volgens enige mediastandaard in enige plek ter wêreld. Dit skyn 'n negatiewe lig op alle media in Namibië. Namibiese media het werklik 'n laagtepunt bereik," het hy gesê.

Links sê hy is "verskriklik teleurgesteld in Informanté en daar is geen verskoning waarom hulle dié foto geplaas het nie". Hy meen ditwas bloot vir sensasie en die werwing van klieks op hul Facebook-blad.

"Die eienaars en redakteur van Informanté moet verduidelik en hulle moet verantwoordelik gehou word. Pitt se familie kan hulle hof toe sleep," het Links gesê.

"Al traak hulle nie, sal die res van ons media nou moet bewys ons is eties en distansieer ons van sensasie en werwing van klieks."

Soortgelyk

 

NSFAF sluit ooreenkoms met Bank Windhoek

16 ure gelede | Onderwys

Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) en Bank Windhoek het vandag ʼn ooreenkoms aangegaan vir ʼn nuwe stelsel waardeur geld aan kwalifiserende studente gestuur...

Chinees Dinsdag in hof ná werker se skietdood

17 ure gelede | Misdaad

Die man wat gister na bewering deur sy Chinese werknemer in die Andara-nedersetting doodgeskiet is, is as mnr. Andreas Hausiku (32) geïdentifiseer.Hausiku was ‘n inwoner...

Twintig jaar tronkstraf vir verkragter

17 ure gelede | Howe

‘n 34-jarige man van Otjiwarongo is gister 20 jaar tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ‘n minderjarige. Die dogter was...

Taking charge

1 dag gelede | Mense

Mariselle Stofberg Anthea van Heerden decided to take a leap of faith to start her own company in Windhoek.She is the managing director and...

Moontlike deurbraak

1 dag gelede | Misdaad

Denver KistingDie man wat gisteroggend weens Maandag se bloedbad op Arandis aangekeer is, het glo vir etlike ure geweier om met die polisie saam te...

Só staan sake in die Namibiese huis

1 dag gelede | Regering

Denver KistingPres. Hage Geingob het gistermiddag gesê sy boodskap van “welvaart vir almal” moenie verkeerd verstaan word nie.Volgens hom was die bedoeling nooit om oordaad...

Kabajani blossoms at GIPF

1 dag gelede | Mense

Michelline Nawatises Annette Likeleli Kabajani is a holder of a bachelor’s degree from the University of Namibia (Unam). She has also attained several management and...

Baking a name for herself!

1 dag gelede | Mense

Ester Kamati At the age of 28, Alma Tangi Nakanduungileh is climbing the entrepreneurial ladder and adding sweetness to her clients’ lives. A qualified...

A passion to unlock potential

1 dag gelede | Mense

Ester KamatiJustina Mulokoshi is a chartered accountant (CA) at PwC who has big dreams and is constantly on the lookout for new ways to improve...