Eet jou Zambezi-mango tuis

Regering beskerm uitvoermarkte

15 January 2020 | Ministeries
Augetto Graig



Die regering het op 13 November verlede jaar 'n verbod op die verspreiding van mango's uit die Zambezistreek geplaas.

Volgens die ministerie van landbou, water en bosbou se woordvoerder, mnr. Jona Musheko, bestaan die moontlikheid dat dié mango's die Oosterse vrugte­vlieg in Namibië kan laat versprei.

Hierdie pes kan die land se toegang tot belangrike uitvoermarkte bedreig, sê hy.

Dit is die hoofrede vir die verbod, voer hy aan.

“Volgens buurlande se inligting en bewyse is die Oosterse vrugtevlieg in die Zambezistreek teenwoordig, wat vermoedelik van Zambië af kom. Dit is weens die direkte verbinding en beweging van diere, insekte en mense tussen die lande,” sê hy.

“Beheermaatreëls is teen dié agtergrond ingestel om die verspreiding van die Oosterse vrugtevlieg deur mango's in die Zambezistreek na ander landsdele te voorkom,” sê hy.

Volgens Musheko is die ministerie se afdeling vir plantegesondheid verantwoordelik vir die beheer en voorkoming van plantplae en -siektes wat Namibiese landbouprodukte en die handel daarin kan raak.

Die plantkwarantynwet gee die ministerie die reg om te verseker Namibië voldoen aan internasionale standaarde en konvensies, sê hy.

Musheko sê die Oosterse vrugtevlieg is 'n vernietigende plaag wat vrugte besmet en groot oesverliese veroorsaak.

“Namibië lewer uitvoerprodukte soos tafeldruiwe, waatlemoene, botterskorsies en ander groente. Daarom sal 'n hele besending wat na 'n ­internasionale mark uitgevoer word, op die uitvoerland se koste verwerp en vernietig word indien selfs 'n enkele vrugtevlieglarwe dit besmet,” sê hy.

Volgens hom word besendings uit sommige Afrikalande wat deur dié vlieg geraak word, onderskep, gekonfiskeer en vernietig voor die beoogde bestemmings bereik is.

Dit teen groot ekonomiese verliese vir die uitvoerders.

“Om 'n geraakte mango te eet, het geen ernstige gesondheidsimplikasies nie, maar uitvoermarkte sal dit nie aanvaar nie,” sê hy.

Dié probleem veroorsaak dat die meeste vrugte van sommige ­Afrikalande nie internasionale markte mag betree nie, sê hy.

Musheko raai mangoboere in die Zambezi aan om hul produkte slegs binne die streek se grense te verkoop.

Dr. Fidelis Mwazi, die Akkerbouraad se uitvoerende hoof, is bekommerd daaroor dat die Zambezistreek se mark vinnig versadig sal raak, omdat die mango-aanbod daar die vraag kan oorskry.

“As die boere dit na ander dele van die land kon vervoer en verkoop, sou dit beter wees. Ons voer reeds mango's van buite Namibië af in,” sê hy.

Tog moet die beskerming van Namibië se uitvoergehalte landbouprodukte voorkeur geniet, sê hy.

“Ek het self gemengde gevoelens hieroor. Ek kom van daai streek af, en ná die vakansie kon ek nie eens 'n mango van my suster af saambring nie. Ek dink druk moet nou op die ministerie geplaas word om stappe te doen om die vrugtevlieg te beheer, en boere weer toegang tot die Namibiese mark te gee,” sê hy.

Musheko sê geen duidelikheid bestaan tans oor wanneer die verbod gelig gaan word nie.

“Ons sal eers 'n studie moet doen,” sê hy.

Intussen word Namibiërs gevra om saam te werk om te verseker geen mango verlaat die Zambezistreek nie.

“Enige mango wat uitglip, is van ­nasionale belang omdat dit ander ­produkte kan beïnvloed,” sê hy.

[email protected]

Soortgelyk

 

Kauhaie wins the crown

7 ure gelede | Skole

Irene-Mari van der Walt Swakopmund • [email protected] the cancellation of the Mr Teen Swakopmund 2020, the Miss Teen Swakopmund 2020 pageant went ahead at...

Verband tussen voorvalle van verkragting ondersoek

7 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – Die ooreenkomste tussen twee gruverkragtings die afgelope week in Havana aan die buitewyke van Windhoek kan die werk van reeksverkragters wees.So sê...

World Tourism Day

7 ure gelede | Mense

Michael ShagandjwaThe country should establish more unique heritage attractions that reflect our country’s background. Create an interesting image with reservations that are worth viewing and...

WAP wen Bakpro-kompetisie

7 ure gelede | Onderwys

Windhoek Afrikaanse Privaatskool was die wenners van die Bakpro Back-to-School-kompetisie. Die skool het 14 413 broodsakkies ingesamel en was die wenners van rekenaars en projektors...

Unam students appeal against traditional exams

7 ure gelede | Onderwys

ENZO AMUELEStudents at the University of Namibia (Unam) are in a bitter contest against the writing of traditional examinations.The university recently issued a circular about...

Lower grades back at school

7 ure gelede | Onderwys

Leandrea Louw Grade four, five and six learners were welcomed back at school on last week. The government schools have opted to divide the children...

Star Teacher of the Week

7 ure gelede | Onderwys

Leandrea Louw This week, the My Zone Star Teacher of the Week is Mrs Veneza Memory Rheeder. She has been a teacher since 2003 and...

Westside High represented on local town council

7 ure gelede | Skole

Jhanré PretoriusA brand new Swakopmund Junior Town Council for the year 2020-2021 was inaugurated in August. Two of the 15 members are from Westside High...

The last race is the hardest race

7 ure gelede | Onderwys

A personal accountJOSEFINA ANKONGA The year started smoothly, back then when everything was still normal. We went to school on a daily basis, we...