Eerste 'waterbaba' vandag mondig
Eerste 'waterbaba' vandag mondig

Eerste 'waterbaba' vandag mondig

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer



Die eerste baba wat in 'n ­Namibiese hospitaal met 'n watergeboorte in die lewe gekom het, is vandag mondig.

Johandrè van der Post, 'n oudleerling van die Windhoek Afrikaanse Privaatskool (WAP) en deesdae 'n student in rekenaarstudies op Potchefstroom, is op 4 April 1997 om halfnege die aand in 'n spesiaal ingevoerde kraambad in die Medi-Clinic in Windhoek gebore.

Sy het die afgelope naweek haar mondigwording saam met vriende aan die kus gevier. Voor hul vertrek daarheen het sy en ma Henda Malan (voorheen Van der Post), eers 'n draai gaan maak in kamer A6 waar haar ­geskiedkundige geboorte destyds in die kraamafdeling van dié hospitaal plaasgevind het.

Dr. Estie Maritz, wat die bevalling behartig het, en suster Raghilt Redecker, die bekende Windhoekse vroedvrou wat Malan tydens die kraamproses ondersteun het, was ook teenwoordig.

Dit was immers 'n baie spesiale gebeurtenis – soveel so dat die destydse Sondagkoerant, Tempo, op 6 April 'n berig daaroor op die voorblad geplaas het.

Redecker het destyds ook die spesiale 1 000 liter- opvoubare kraambad voorsien wat Malan, wat in daardie stadium by Air Namibia gewerk het, van Suid-Afrika af laat invlieg het.

Maritz se drie kinders, twee seuns en 'n dogter, is al drie ook by wyse van watergeboortes in die lewe gebring en sy is 'n groot voorstander van dié bevallingsmetode. Haar bevallings het egter tuis plaasgevind en Redecker was elke keer teenwoordig om haar te ondersteun.

Sy is as vroedvrou reeds jare lank 'n kampvegter vir natuurlike ­tuisgeboortes waar die ma, anders as in kraamkamers by hospitale waar sy op haar rug lê, 'n posisie vind wat vir haar die gemaklikste is.

“Enige normale geboorte is 'n absolute unieke ervaring. 'n ­Watergeboorte versag die hele ervaring,” sê Maritz.

“Die water het 'n baie ­ontspannende uitwerking op die ma. Dit verlig die pyn en verminder die adrenalien. Daar is tydens die proses ook nie verwydering tussen die ma en die baba nie,” verduidelik sy.

Die eerste navorsing oor water­geboortes in Suid-Afrika is deur die verloskundige prof. Justin Hofmeyr van die Universiteit van die Witwaters­rand (Wits) gedoen, vertel sy.

Maritz het by hom gaan kers opsteek waar hy watergeboortes by die Johannes­burg Algemene Hospitaal behartig het.

Malan onthou sy was teen agtuur die aand 4 cm ontsluit.

“Ek het in die bad geklim en Estie het nog gespot en gesê sy gaan huis toe om haar swembroek te kry en dan kom sy die volgende oggend terug.”

Malan het binne die volgende halfuur nog 6 cm ontsluit. “Ek het geen pynmedikasie gekry nie en ook nie 'n epiduraal nie. Om halfnege is Johandrè, wat 3,08 kg geweeg het, gebore. Haar pa (wyle mnr. Kola van der Post) het haar naelstring geknip en was baie trots daarop dat hy dit kon doen,” vertel sy.

As gevolg van dié maklike en ­streslose geboorte was Johandrè, haar enigste spruit, 'n baie rustige baba.

Malan onthou verder sy het die volgende oggend perdfris en gesond in die kraamafdeling rondgeloop en met die ander ma's gesels, die vorige aand se geboortepyne reeds vergete.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!