Eerste vrag beesvleis vertrek na Beijing
Eerste vrag beesvleis vertrek na Beijing

Eerste vrag beesvleis vertrek na Beijing

Die geluk by die ongeluk vir produsente in hul uur van nood, is Meatco se toegang tot twee reuse- nuwe markte: China en die VSA.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer



'n Besending van 24 000 kg beesvleis is gister uit Windhoek na Beijing in China gestuur van waar dit deur 'n groothandelaar aan restaurateurs en in die kleinhandel versprei sal word.

Die groothandelaar, mnr. Di Guang­tao, was teenwoordig toe die ministers van landbou, water en bosbou, asook nywerheids­ontwikkeling, handel en SME-­ontwikkeling, mnre. Alpheus !Naruseb en Tjekero Tweya, die voorraad in die verkoelde vraghouer­ geïnspekteer het. Mnr. Jannie Breytenbach, waarnemende uitvoerende hoof van Meatco, sê dié ­uitvoer­abattoir het benewens dié bestelling ook 40 bestellings van sewe ander klante ontvang.



BILATERALE OOREENKOMS

Hierdie eerste besending beesvleis vir die Chinese mark bestaan uit vakuumverpakte vleis, gevriesde snitte, asook snitte met been in. Afvalprodukte soos beesstert kan nog nie uitgevoer word nie aangesien Namibië se uitvoerooreenkoms met China nog nie daarvoor voorsiening maak nie, het Breytenbach verduidelik.

Die bilaterale ooreenkoms met China waarvolgens Namibië die tweede land in Afrika word om beesvleis na China uit te voer, is reeds in 2016 onderteken. Onderhandelinge het al in 2011 begin.

'n Uitbreking van knoppiesvelsiekte onder beeste in die noordelike kommunale gebied het egter 'n stok in die wiel gesteek. Die finale ooreenkoms is op 29 Maart verlede jaar onderteken.

Mnr. Yang Jun, adjunkhoof van die Chinese ambassade in Windhoek, het gister daarop gewys dat die Chinese mark uit nagenoeg 1,4 miljard verbruikers bestaan.



Hy sê hoewel Suid-Afrika Namibië voorgespring het en verlede jaar die eerste Afrikaland geword het om beesvleis na China uit te voer, is dit deur die uitbreking van bek-en-klouseer in die wiele gery.

Namibië het in Desember verlede jaar ná onderhandelinge van sowat 'n dekade, uiteindelik ook daarin geslaag om sy eerste toetsbesending beesvleis na die VSA uit te voer. Dit is ook 'n eerste vir Afrika, het Tweya gesê.

Volgens die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling (OECD) is die beesvleisverbruik in Amerika vier keer hoër as die wêreldgemiddeld. Hulle per capita verbruik is sowat 27 kg per jaar, toon dié organisasie se statistiek vir 2018. Daar woon nagenoeg 328 miljoen mense in die VSA.

Daarteenoor toon statistiek van die Amerikaanse department van landbou (USDA) dat China in 2018 'n geraamde 8,5 miljoen ton beesvleis verbruik het, wat dié land die grootste beevleisverbruiker naas Amerika maak. Die verbruik per capita was net meer as 6 kg per jaar.

Me. Rosa Thobias, bestuurder van korporatiewe aangeleenthede by Meatco, het vroeër aan Republikein gesê die eerste besending beesvleis na Amerika was 'n merkwaardige prestasie “aangesien die Amerikaanse ­gesondheids- en doeaneprotokolle groot uitdagings bied”.

Mnr. Goliath Tujendapi, bestuurder van handel by die Vleisraad, het by navraag verduidelik die rede waarom dit Namibië so lank gevat het om beesvleis na Amerika uit te voer, is dat dit 'n lang en moeisame proses is om 'n mark in die buiteland vir vleisuitvoere oop te maak.



MAATREëLS

“Die vordering van die proses hang nie van Namibië af nie, maar van die invoerland.”

Hy sê in die eerste plek moet die nodige bilaterale handelsooreenkoms bestaan. Dan moet die invoerland bepaal of die uitvoerland aan al die vereistes van sy sanitêre en fitosanitêre (SPS) maatreëls voldoen. Daardie skakeling geskied tussen die veeartseny­owerhede van die twee lande.

Hy sê hoewel die hoeveelheid vleis wat Namibië na die VSA kan uitvoer, gering is - gesien die omvang van dié mark - hou dit groot voordele vir die plaaslike beesvleis­bedryf in.

“Dit is vir ons voordelig om 'n goed gesegmenteerde uitvoermark te hê. Amerika is vir ons 'n voorkwartmark, terwyl ons snitte met 'n hoë waarde na die Europese Unie en Noorweë uitvoer. Die Amerikaanse mark is grootliks 'n kitskosmark en daarom kan goedkoper snitte daarheen uitgevoer word.”

Breytenbach het gister gesê aangesien Meatco se deurset weens die droogte dramaties toegeneem het, behoort voorraad beskikbaar te wees om dié nuwe markte met beesvleis te kan bedien.

Tweya het in sy toespraak gesê die volgende mark wat Namibië gaan betree, is die Verenigde Arabiese Emirate (VAE).

Kommentaar

Republikein 2024-04-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.9 | EUR to NAD 20.55 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.21 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.2 | USD to ZMW 26.13 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 315.24/OZ DOWN -0.0035 | Copper US$ 4.44/lb UP +0.77% | Zinc US$ 2 811.00/T DOWN -0.09% | Brent Crude Oil US$ 87.94/BBP DOWN -0.0044 | Platinum US$ 901.53/OZ DOWN -0.0092 Sport results: Premier League: Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Weather: Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.9 | EUR to NAD 20.55 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.21 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.2 | USD to ZMW 26.13 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 315.24/OZ DOWN -0.0035 | Copper US$ 4.44/lb UP +0.77% | Zinc US$ 2 811.00/T DOWN -0.09% | Brent Crude Oil US$ 87.94/BBP DOWN -0.0044 | Platinum US$ 901.53/OZ DOWN -0.0092