Eerste voëlgriep-uitbreking bevestig

14 February 2019 | Omgewing
Tanja Bause - Die direktoraat veeartsenydienste (DVS) in die ministerie van landbou, water en bosbou het gister ’n verklaring uitgereik wat die eerste uitbreking van voëlgriep (H5N8) in Namibië bevestig.

“Die siekte is op 2 Februarie onder pikkewyne op Halifax-eiland naby Lüderitz waargeneem. Meer as 200 Afrika-pikkewyne uit ’n geskatte bevolking van ongeveer 7 000 het gevrek. Geen ander voëlspesie op die eiland word tans deur voëlgriep geraak nie,” lui die verklaring wat dr. Albertina Shilongo, waarnemende hoof- veeartsbeampte in die direktoraat uitgereik het.

Die bedreigde pikkewyne het reeds in die middel van Desember verlede jaar begin vrek en meer as 320 is reeds verbrand.

Volgens die pikkewynnavorser en -kenner dr. Jessica Kemper is die dooie pikkewyne hoofsaaklik broeipikkewyne.

“Ons vermoed ook baie meer het gevrek omdat baie dooies in die water dryf. Hulle sal op die oop see wegdryf en nie noodwendig op ’n strand uitspoel, waar ons hulle kan vind nie,” het sy gesê.

Amper vier weke gelede is monsters en organe van dooie pikkewyne na die staat se veeartsenylaboratorium in Windhoek vir toetse gestuur.

Aan die begin van Februarie is nuwe monsters geneem en na dieselfde laboratorium gestuur omdat die eerste monsters nie deur ’n veearts geneem is nie.

Tog het die eerste toetse reeds positief vir H5N8 getoets.

Die afgelope naweek het navorsers op Lüderitz Marine Research se Facebook-blad gesê “rompslomp laat ons pikkewyne vrek”.

“Teen dié tyd is dit baie duidelik die ongelukkige gebeure sedert Desember op Halifax sal in die geskiedenis onthou word as die grootste krisis vir die Afrika-pikkewyn sedert die ineenstorting van die sardynbevolking in die vroeë 50’s in Namibië.

“Die laboratorium het steeds nie die toetsuitslae amptelik bekend gemaak nie, en sonder dié amptelike aankondiging kan niemand motivering vir die mobilisering van hulpbronne verskaf om die uitbreking doeltreffend te bedwing nie.”

Volgens DVS se verklaring is dié stam van die H5N1-virus nie vir mense aansteeklik nie.

Weens die virus se bestendigheid in die omgewing en sy hoogs aansteeklike aard is streng biosekuriteitsmaatreëls en goeie higiëne noodsaaklik in die voorkoming van uitbrekings.

“Boere en die gemeenskap moet enige vermoede van voëlgriep in huishoudelike of wilde voëls onmiddellik by die naaste staatsveeartskantoor aanmeld.

“Pluimvee moet weggehou word uit gebiede wat deur wilde voëls besoek word. Verwyder elemente wat wilde voëls kan lok. Verseker die geskikte wegdoening van mis, rommel en dooie pluimvee,” lui die verklaring.

“Die inenting en behandeling van siek voëls teen voëlgriep word in Namibië verbied,” sluit die verklaring af.

Soortgelyk

 

Vier wildehonde proe vryheid

3 ure gelede | Omgewing

Ná die tragiese skietvoorval in Februarie toe drie wildehonde van die N/a’an ku sê-stigting en -wildreservaat glo deur personeel van die Internasionale Lughawe Hosea...

Vlieëniers vlieg ‘blind’

13 ure gelede | Vervoer

CATHERINE SASMAN – Lugrederye in Namibië en dié wat deur die land se lugruim vlieg, is ontstoke oor die plaaslike burgerlugvaartowerheid (NCAA) se besluit om...

Kragskouspel in Windhoek

13 ure gelede | Plaaslik

Tanja BauseGister het 'n NamPower-transformator van 175 ton deur Windhoek gereis op pad na die Gerus-substasie naby Otjiwarongo, waar dit vandaan kom.Die transformator is in...

Onderwysministerie: Drywer vas oor ivoor

13 ure gelede | Ministeries

Francoise Steynberg - ’n Drywer van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur is gister omstreeks 03:00 in verband met die onwettige besit van olifanttande...

Bottelneusdolfyne floreer ná stranding

13 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh Minstens 25% van Namibië se totale bottelneusdolfynbevolking het sedert 1991 reeds gestrand geraak, maar byna almal het oorleef. Dit laat navorsers wonder of...

Weer vir 18 Julie

13 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm maar baie warm in die noordelike streke.KUS: Gedeeltelik bewolk en matig, maar warm oor die sentrale kus.GETYE BY WALVISBAAI: L: 10:11...

Nuwe baadjie vir bib, argief

13 ure gelede | Ministeries

Die gebou wat die Nasionale Biblioteek en Nasionale Argiewe van Namibië huisves, gaan opgeknap word.Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur sê in ‘n verklaring...

Bewaringskool gooi sy deure oop

13 ure gelede | Omgewing

Die Onguta AfriCat Mobiele Laerskool het op 11 Julie sy deure vir kinders en die gemeenskap van die Ehirovipuka-bewaringsgebied in die Noordweste oopgemaak. Vyf jaar...

Taylor Jaye tackles gender-based violence

13 ure gelede | Kuns en vermaak

Sponsored content - The continuing high rates of incidences of gender-based violence (GBV) in Namibia, further highlighted by rapidly increasing cases reported daily from victims...